Quantcast
Channel: Fanie Cronjé – SARIE
Viewing all 95 articles
Browse latest View live

Jana se Erfsondes kry nuwe seisoen!

$
0
0

Met vyf suksesvolle seisoene en altesame 65 episodes, kan Erfsondes gesien word as een van die suksesvolste Afrikaanse TV-reekse van die afgelope dekade.

Die hoofrolspeler, Jana Strydom, het sterstatus gekry, nie net by Erfsondes se groot SABC2-gehoor nie, maar ook by kritici wat haar prys as een van die beste en belangrikste aktrises van haar generasie.

Ook het die reeks van Henriëtta Gryffenberg, bekend as aktrise en TV-aanbieder, een van die gesogste draaiboekskrywers in die land gemaak. Saam met Bobby Heaney, wat die regie gedoen het, het die span ʼn storie ontwikkel waarvan kykers net nie genoeg kon kry nie.

FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

En nou kom Erfsondes terug vir ’n sesde reeks! 

Produksie behoort vroeg 2017 te begin en die nuwe reeks sal teen die herfs/vroeg winter uitgesaai word.

“Ek is opgewonde om weer die rol van Kate te kan speel. Ek het vir Henriëtta gevra wat kan die vrou nog oorkom? Is dit realisties, is dit ooit menslik, want sy is al deur byna alles. Maar toe sy my sê wat sy beplan om met haar te doen, toe gaan ek: ‘Ohhhhh, natuurlik! Dit maak sin dat dit nou met haar gebeur.’  Wat dit is, kan ek nie nou sê nie, maar Henriëtta is briljant. Ek weet nie waar kom sy aan al die dinge nie. Dis net ongelooflik hoe goed sy is.”

Vir die afgelope 18 maande woon Jana en haar man, Hannes, en hul twee kinders in Simonstad buite Kaapstad. Die lewe is anders, en goed soos ʼn oggendstappie langs die see in die middel van die week is iets wat sy koester.

My precious… #family #love@jdbkruger07

A photo posted by Jana Strydom (@janastrydom) on

Haar loopbaan het steeds volop momentum, want behalwe vir Erfsondes het sy ook so pas klaar geskiet aan ʼn internasionaal vervaardigde film oor die Rivonia-verhore. Die prent fokus op die lewe van Bram Fischer en sy gesin in dié tydperk.

 

Shirley and Bob Hepple @maaskaas242 #Rivonia #featurefilm #acting

 

A photo posted by Jana Strydom (@janastrydom) on

Sy speel die rol van Shirley Hepple, die vrou van een van die beskuldigdes.

Ons is altyd opgewonde om vir Jana op die silwerdoek en kleinkassie te kan sien!

Lees nou

5 goed wat skool jou nooit geleer het nie

Katy Perry kon nie ophou huil nie

Jackie O op die silwerdoek

The post Jana se Erfsondes kry nuwe seisoen! appeared first on SARIE.


Amor gesels oor 7de Laan

$
0
0

“Hier staan ek weer”. Dít is die titel van Amor Vittone se enkelsnit wat in Oktober op iTunes bekend gestel gaan word. Heel gepas, sou mense dink, want Amor staan op, sy gaan aan. Met elke terugslag lyk dit of sy twee treë vorentoe gee. En kan jy glo, nou gaan sy in 7de Laan speel. Nie ʼn gasrol as haarself nie; ’n behoorlike rol waarvoor sy ʼn oudisie gedoen het.

“Ek het ʼn oproep gekry en is gevra vir ’n oudisie. My dogter (Kylie, 10) het dit op video opgeneem, sommer in die kombuis. Toe kry ek verlede week ʼn tweede call back en teen die Vrydag het ek gehoor ek het die rol. Dinge gebeur met ʼn doel. Dié maand was my besprekings min, net besprekings vir vier motiveringspraatjies. Maar nou weet ek hoekom die maand se besprekings so stil was.”

Amor is waarskynlik een van die bekendste mense in Suid-Afrika. Nie net as sangeres nie, maar ook as TV-aanbieder. Afrikaanse mense ken haar goed. As jy in ag neem dat sy die eerste aanbieder was van Road2Riches, die lotery-program destyds op SABC2, maak dit sin dat sy bekend is onder ʼn breë demografie in Suid-Afrika. Sy was toe al op SARIE se voorblad. Vandag bied sy Skoonma se Tong aan op die TV-kanaal Via aan. Die program is reeds in sy vyfde seisoen en is een van die kanaal se gewildste programme. Sy was ook al radio-aanbieder op Jakaranda FM. En sy was die vrou van ʼn Springbok-rugbylegende.

Getrou aan haarself, hou sy aan om haar talente te ontgin. Want nou kan sy ook sepie-ster op haar CV sit. Gister was haar eerste dag op die 7de Laan-stel en haar eerste toneel as Zelda was vir haar ʼn ervaring. Zelda, ’n karakter van die verkeerde kant van die treinspoor, gaan vir n maand lank dinge opkikker.

“Ek was baie nervous. Dit is die eerste keer dat ek sepiewerk doen. Hulle het aanvaar ek weet wat ek doen. Jy moet jou woorde ken, voorbereid wees, jou karakter leer ken. Julle moet bond. Jy moet die stel leer ken. Dit maak nie saak hoeveel keer ek al voor die TV-kameras was nie, dit is intimiderend. Daar is ʼn crew en almal kyk vir jou. Ek is deur ʼn woeste tyd. Dit het my sterk gemaak. Ek voel daai emosie en bring dit na die karakter.”

Amor in 2011 vir SARIE se Julie-uitgawe  FOTO Leana Clunies-Ross

Amor in 2011 vir SARIE se Julie-uitgawe
FOTO Leana Clunies-Ross

En natuurlik lyk dit of sy dit reggekry het “Hulle is tevrede met wat hulle gesien het.”

Die dae begin vroeg, 7-uur, en hou aan tot 5-uur, soms tot 8-uur saans. “Ek het nuwe respek vir akteurs. Want hulle werk begin vanaand as hulle huis toe gaan. Hulle moet voorberei, vir die volgende dag se shoot.”

Amor,  ʼn enkelma van Jordan (12) en Kylie, het ʼn sterk ondersteuningsnetwerk. Haar ouers help waar hulle kan, en so ook haar vriendinne. 

“Jy moenie jouself over commit nie. Of my kinders geëet het, veilig is, gelukkig is – dít is my prioriteit. Alles wat ek doen, doen ek vir hulle. Hulle bly my nommer een. It makes me happy and I feel happy.”

“En weet jy wat is my motto? Waardeer dit wat jy het. Sê dankie vir die blessings. Dan kom nog blessings. Ek raak nou spiritual. Dít is die tipe goed wat ek vir mense deur my motiveringspraatjies leer. Maar ek glo dit. Raak ontslae van negatiewe mense in jou lewe. En love what you do. Ek sal nooit  ʼn 9 to 5 job kan doen nie. Ek raak so moeg as ek stilsit. En computers crash as ek naby kom.”

Amor in 2011 vir SARIE se Julie-uitgawe  FOTO Leana Clunies-Ross

Amor in 2011 vir SARIE se Julie-uitgawe
FOTO Leana Clunies-Ross

Sy sing en dans en tree steeds op. En is ook opgewonde oor die nuwe liedjie wat Oktober beskikbaar sal wees. “ ‘Hier staan ek weer’ is amazing. Dis ʼn dansliedjie. Dis somer en mense wil dans.” 

Amor se eerste episode in 7de Laan word 29 November uitgesaai. Sy laat dinge gebeur. Jy kan haar net nie ignoreer nie.

Lees nou

Kendall Jenner oorheers die voorblaaie

EKSKLUSIEF: Quinne terug by die Laan!

The post Amor gesels oor 7de Laan appeared first on SARIE.

5 dinge wat jy van hondsdolheid moet weet

$
0
0

Vandag is Wêreld-hondsdolheiddag en meer as 59 000 mense in meer as 100 lande sterf jaarliks aan dié siekte.

Die 6-jarige Carlie du Plessis van Clocolan is in Julie vanjaar tragies dood weens hondsdolheid. Netwerk24 berig dat die virus aggressief was.

Aanvanklik het haar ouers nie geweet wat klein Carlie makeer nie. Sy was dae lank siek en toe hulle die Sondag by die hospitaal opdaag, was sy reeds verlam. Sy is daardie aand oorlede.

Hondsdolheid is dodelik en word veroorsaak deur ’n virus wat die brein aantas.

Die aktrise Nadia Valvelkens se karakter, Pippa Malherbe, het in 2013 in die kykNET-sepie Binnelanders hondsdolheid opgedoen. Sy het op haar pa se plaas gekuier en ’n babahond het haar gelek.

Volgens Nadia het sy twee maande voorberei en opgelees oor hondsdolheid.

“Dis erg. Mense begin yl. Die siekte werk op na jou brein. Mense spring by geboue uit. Raak bang vir water. As ʼn hond dit kry, moet die dier blykbaar natgespuit word om hom weg te hou van jou af. Daar is mense wat gesond word, maar baie min.”

- Nadia Valvekens

Vir Nadia was dit ’n belangrike storie.

“Ek dink die storielyn van Pippa met hondsdolheid was baie belangrik. Dit het mense bewus gemaak van die siekte. Die reaksie onder kykers was groot en baie positief.  Veral onder kinders. Want jy hoef nie deur ʼn hond gebyt te word nie, selfs ʼn lekkie op ʼn klein snytjie kan jou aansteek.”

FOTO: Aubrey Jonsson

FOTO: Aubrey Jonsson

Hier’s vyf dinge wat jy móét weet:

1. So word dit oorgedra

Die virus word deur besmette speeksel oorgedra en dring gewoonlik die liggaam in deur ’n stukkende plek of snytjie. Die virus beweeg na die brein en veroorsaak swelling. Die slagoffer sterf meestal.

2. Diere wat mense kan besmet

Honde, katte, muishonde, meerkatte, muskeljaatkatte, wildekatte, jakkalse, insek- en vrugtevretende vlermuise.

3. Simptome by mense

Dit kan tussen 2 tot 10 weke wees voordat die eerste simptome wys. Die eerste tekens is gewoontlik angs, braking, koors, hoofpyn en ’n vrees vir water. Dit lei tot verlamming, waarna die slagoffer in ’n koma gaan en sterf.

4. Simptome by diere

Gedragsveranderinge kom by al die diere voor. Mak diere kan wild en aggressief raak. En wilde diere kan geweldig vriendelik word en jou nader sonder vrees. Eetlus kan ook kom en gaan.

5. Voorkoming en behandeling

Maak seker jou troeteldier word gereeld ingeënt. Indien jy gebyt word, was dadelik die wond deeglik met water en ’n ontsmettingsmiddel. Besoek die naaste dokter, kliniek of hospitaal. ’n Reeks van inspuitings sal voorgeskryf word.

Bronne: Landbou Weekblad, Departement van landbou, bosbou en vissery

Lees nou

Die ABC van die Zika-virus

5 mites oor griep

 

The post 5 dinge wat jy van hondsdolheid moet weet appeared first on SARIE.

Groot FM se Johrné 10 kilo’s ligter

$
0
0

In byna elke klerewinkel is die baaibroeke en strooihoede uitgepak, want die winter is nou amptelik iets van die verlede. Tyd vir kortmoue, kortbroeke en koeler klere. Vir baie van ons is dit ook ’n tyd van pure paniek soos ons skarrel om van die wintervet ontslae te raak! En bredies, brood, gebakte poedings en ’n stomende beker warmsjokolade is nie meer ons beste vriend nie.

En of jy nou Desember strand toe gaan of nie, daai Beach Body sit soos ʼn swart kraai op jou skouer. En pik-pik net so af en toe in jou nek as jy verby iets lekkers stap.

FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

As jy dus daardie ekstra kilo’s wil afskud, is daar geen ander uitweg as om werk te maak daarvan nie. Die Groot Ontbyt en Groot FM se Johrné van Huyssteen het dit reggekry. Hy  het binne een maand 10 kg verloor met ’n leefstylprogram. Tydens die eerste 10 dae het hy 5 kg afgeskud. En in die daaropvolgende 2 tot 3 weke nog 5 kg!

“Ná 40 raak dit al hoe moeiliker om gewig te verloor, veral om die maag. Dít was my grootste motivering,” vertel Johrné.

“Ek het ook begin swem en swem so gemiddeld 3 km in ’n dag se oefensessie. Nou weeg ek swaarder, maar dit is spiere.”

“Voor dié leefstylprogram het ek al baie diëte gevolg, maar dié keer wou ek ’n kickstart kry en iets volg wat nie sal maak dat ek ná dit tyd weer al die gewig optel nie.”

Johrné werk nie normale werksure nie. Die radio- en TV-program Die Groot Ontbyt word soggens 5:30 tot 9:00 op 90.5 FM en regstreeks op kykNet uitgesaai.

“Wanneer ek soggens vyfuur opstaan, eet ek twee eiers en tamatie. En ná werk, teen nege-uur, eet ek eiers of iets vleiserig. Maar die meeste van die tyd sal ek dieselfde kos as die vorige aand eet, wat ʼn proteïen is met groente. Dit is ʼn laevet-dieet wat geen suiker en geen stysel bevat nie. Só leef ek Maandag tot Vrydag. En dan oor die naweek, Saterdag of Sondag, sal ek iets lekkers eet en myself bederf. As jy dít nie doen nie, is dit nie volhoubaar nie.”

Kyk na die voor en ná foto’s. Kyk net daai spiere op die regterkantse foto! 

jorries2

Lees nou

Adele se dieet – en dit wérk glo!

Dís hoe Nadia Beukes gewig verloor voor troudag

Lyk skraler in ’n japtrap, sónder ’n dieet!

The post Groot FM se Johrné 10 kilo’s ligter appeared first on SARIE.

FOTO’S: Protea-ster Quinton en Sasha se groot dag

$
0
0

Op die mooie Mauritius het die Protea-krieketster Quinton de Kock verlede maand met sy meisie van vier jaar, Sasha Hurly, getrou. 

Sasha & Quinton_Ceremony-21

FOTO Mightyfine Productions

Quinton en Sasha het voor vriende en familie op dié tropiese eiland getrou. Ander Proteas soos AB de Villiers, JP Duminy, Chris Morris, Dale Steyn en Dave Miller was ook deel van dié bruilofvieringe.

Sasha & Quinton_Ceremony 2-2

FOTO Mightyfine Productions

Anel Botha het Sasha se rok ontwerp, en Quinton en sy strooijonkers was in Polo-pakke geklee. Die enigste blomme op die troue was die bruidsruiker van wit rose en krytblomme (gypsophila). Die strooimeisies se ruikers het net uit krytblomme bestaan.

Sasha & Quinton_Couple Shoot-17

FOTO Mightyfine Productions

Ná een dag se wittebrood op die eiland moes die twee terugkom huis toe, want Quinton moes weer in ’n krieketreeks speel.

In ʼn kort onderhoud vertel Sasha van hul groot dag by die pragtige Le Victoria-hotel op Mauritius.

Sasha & Quinton_Venue-4

FOTO Mightyfine Productions

Waar het julle ontmoet?

Tegnies op Facebook. Ek was ’n danser vir die Champions League wat Suid-Afrika in 2012 aangebied het. Ek het toe vir Quinton ʼn boodskap op Facebook gestuur om hom geluk te wens met ʼn goeie wedstryd en die res is geskiedenis. Ons het dadelik ʼn konneksie gehad. Die oomblik toe ek hom sien, het ek geweet hy is my trouman.

Sasha & Quinton_Couple Shoot-28

FOTO Mightyfine Productions

Hoe lank is daar beplan aan jul troue?

Ons het nie beplan om in Mauritius te trou nie. Ons wou oorspronklik eers Desember vanjaar in Knysna getrou het. Toe besluit ons in Januarie om op Mauritius te trou. Dit was ’n bestemmingstroue en die meeste beplanning eers sowat twee maande voor die tyd gebeur.

Sasha & Quinton_Couple Shoot-17

FOTO Mightyfine Productions

Was Quinton betrokke by die beplanning?

Nee, glad nie. Quinton was net betrokke by die beplanning van sy ramparty. Ek moet egter bysê, hy het daarop aangedring dat ek my strooimeisie se rokke moet verander toe dit opdaag, want hy het geweier het om in te pas by die salmpienk kleurskakering wat ek gekies het. Ek moes toe die rokke laat oormaak, maar ek is agterna bly oor die besluit. 

Sasha & Quinton_Couple Shoot-19

FOTO Mightyfine Productions

Vertel ons van die rok wat Anel Botha vir jou ontwerp het.

Ek is steeds verlief op my rok. Ek het al die elemente waarvan ek in ander rokke hou, gekombineer. Ek wou ’n strandgevoel hê, maar steeds die gevoel van ʼn trourok met ʼn sexy element. Ongelukkig het die foto’s nie my rok tot sy reg laat kom nie. Gelukkig het dit steeds wonderlik uitgewerk, al die blinkers het my soos ʼn prinses laat voel. Die rok het ook geen belyning gehad nie en was vreeslik lig – ek kon gemaklik beweeg en heelaand dans.

Sasha & Quinton_Bride Prep-20

FOTO Mightyfine Productions

Sasha & Quinton_Bride Prep-30

FOTO Mightyfine Productions

Sasha & Quinton_Couple Shoot-36

FOTO Mightyfine Productions

Kyk nog foto’s hier:

FOTO Mightyfine Productions

FOTO Mightyfine Productions

FOTO Mightyfine Productions

FOTO Mightyfine Productions

FOTO Mightyfine Productions

FOTO Mightyfine Productions

FOTO Mightyfine Productions

FOTO Mightyfine Productions

FOTO Mightyfine Productions

FOTO Mightyfine Productions

FOTO Mightyfine Productions

FOTO Mightyfine Productions

FOTO Mightyfine Productions

FOTO Mightyfine Productions

FOTO Mightyfine Productions

FOTO Mightyfine Productions

FOTO Mightyfine Productions

FOTO Mightyfine Productions

FOTO Mightyfine Productions

FOTO Mightyfine Productions

FOTO Mightyfine Productions

Lees nou

FOTO’S: Springbok Pieter-Steph du Toit se troue

Een Protea getroud en ander verloof!

Bekende ‘photobomb’ paartjie op troudag!

The post FOTO’S: Protea-ster Quinton en Sasha se groot dag appeared first on SARIE.

7de Laan dalk van die lug af

$
0
0

Daar’s ’n kans dat die geliefde SABC 2-sepie 7de Laan, wat al vir 16 jaar in kykers se sitkamers kuier, Maandag van die lug af gaan wees.

Volgens Netwerk24 het die SABC nog nie sy kontrak met die produksiehuis hernu nie. SABC het nog nie vir Danie Odendaal-produksies, wat 7de Laan vervaardig, betaal nie.

Die produksiehuis dek self sedert Augustus die onkoste van dié sepie. 7de Laan se kontrak loop in ʼn jaarsiklus en word elke jaar Augustus hernu, maar dit het nog nie dié jaar gebeur nie. Dit dwing die vervaardigers om self die produksiekoste te dra.

“Omdat ons nog nie ʼn kontrak gekry het nie, het ons materiaal teruggehou. Die SABC2 het net genoeg episodes om uit te saai tot en met eerskomende Vrydag,  21 Oktober. Sou ons nie teen Maandag ʼn getekende kontrak vanaf die SABC ontvang nie, sal ons nie beeldmateriaal verskaf aan die kanaal nie en daar sal dan dus geen episode wees om uit te saai nie,” vertel Rosa-Mari Erasmus van 7de Laan.

7de Laan oor die jare

4 April 2000. Dit was ’n Dinsdagaand en om 18:30 het SA voor die TV ingeskuif vir ’n splinternuwe sepie, 7de Laan. Kykers het in die volgende halfuur kennis gemaak met ’n groep karakters wat vir ’n hele paar jaar deel sou word van ons wêreld. Karakters het gekom en gegaan, maar sal nooit vergeet word nie.

Van die oorspronklike rolverdeling in dié dag se eerste 7de Laan-uitsending is Vinette Ebrahim (Charmaine), Ingrid Paulus (Vanessa) en Annelisa Weiland (Hilda) vandag nog deel van die reeks.

Die oorspronklike titel was Die Koffiekan, wat ook Oppiekoffie se naam was. Die besluit om die reeks Hoe meer dae te noem het ook nie die regte impak gemaak nie. Vandag kan jy byna nie dink dat die naam nié 7de Laan kan wees nie. Dit is immers waar Danie Odendaal, vervaardiger, sy inspirasie gekry het. Hy het, soos ons nou al weet, die reeks ontwikkel en geskryf in ’n koffiewinkel in Melville, Johannesburg.  

Vreemd genoeg was daar nie oorspronklik ʼn Oubaas, Dezi, Paula, Bart of Emma nie. Charmaine is die eerste karakter met wie ons in die eerste toneel van die eerste episode in 2000 kennis gemaak het. Sy het die deur van Oppiekoffie oopgesluit. 

“Ek het die deure oopgemaak van Oppiekoffie in daai eerste toneel en nooit gedink 7de Laan sal so groot word nie. Ons het eers net ’n kontrak vir ses maande gekry, toe nege maande en toe drie jaar. Toe weet ons ons is reg en die mense was mal daaroor. 16 jaar later en hier is ons nog steeds. En wie weet. Dalk maak ek nog Oppiekoffie se deur ook toe,” het Vinette aan Fanie Cronjé gesê.

Madel Therblanche (Wilna Snyman) FOTO: Verskaf

Madel Terblanche (Wilna Snyman)
FOTO 7de Laan

Tiaan Terreblanche (Francois Rautenbach)  FOTO: 7de Laan

Tiaan Terblanche (Francois Rautenbach)
FOTO 7de Laan

Jan-Hendrik (Waldemar Schultz) en Dezi (Elma Postma) FOTO: 7de Laan

Jan-Hendrik (Waldemar Schultz) en Dezi (Elma Postma)
FOTO 7de Laan

Aanvanklik is die sepie net een keer per week op ʼn Dinsdagaand uitgesaai. Toe word dit twee keer, Dinsdag- en Donderdagaand. En ʼn kort rukkie later sommer elke dag van die week, van Maandag tot Vrydag.

7de Laan se kykertalle wissel tussen een en twee miljoen per episode, volgens TVSA.com – steeds die hoogste in sy genre in Afrikaans. Dis naas Generations die gewildste sepie in Suid-Afrika.

Met 7de Laan se 10de verjaardag het SARIE die mylpaal saam gevier en eksklusief die voorbladfoto en storie gedoen vir die Mei 2010-uitgawe. Binne was ʼn foto-essay oor 14 bladsye met foto’s van 19 van die sterre.

FOTO Aubrey Jonsson

FOTO Aubrey Jonsson

FOTO Aubrey Jonsson

FOTO Aubrey Jonsson

FOTO Aubrey Jonsson

FOTO Aubrey Jonsson

FOTO Aubrey Jonsson

FOTO Aubrey Jonsson

FOTO Aubrey Jonsson

FOTO Johan Wilke
Connie van der Lecq (Quinne Brown) FOTO: 7de Laan

Connie van der Lecq (Quinne Brown)
FOTO 7de Laan

Wilmien (Nina Swart) en Zac (Robert Bester) FOTO: 7de Laan

Wilmien (Nina Swart) en Zac (Robert Bester)
FOTO 7de Laan

Paula (Diaan Lawrenson) en Altus (Heino Schmitt) FOTO: 7de Laan

Paula (Diaan Lawrenson) en Altus (Heino Schmitt)
FOTO 7de Laan

Soos alle TV-programme beleef 7de Laan ook seisoene van hoogte- en laagtepunte. Dis in, dis uit … Daar is nou weer vernuwing in die Laan, want die nuwe gesin is van 6 Junie af stelselmatig aan ons bekend gestel. Die mediabekendstelling van die gesin het oor alle platforms aandag getrek en op SARIE.com is die storie deur duisende mense gelees.

David Rees, wat ons ken as Nick Naudé van Egoli, speel die patriarg Chris Welman. Hy, sy vrou Mariaan (Deirdre Wolhuter) en hul drie kinders trek in die ou Madel Terblanche-huis in. Die huis se vorige inwoners was Ryno Lategan (Chris Vorster) en  sy hoogs emosionele vrou, Isabelle (Illse Roos). Die rampspoedige poging om Deon Coetzee (Herman) en Melanie du Bois (Felicity) as ankergesin in dié huis te vestig, was van korte duur omdat Coetzee sy kontrak beëindig het. Dit was nie 7de Laan se plan om hom te laat gaan nie.

Die nuwe patriarg op stel, David Rees, sê: “Dit is lekker om in Afrikaans te werk. Ek kry nou weer skoenlappers in my maag. Adrenalien! Ek het nie besef die akteurs hier by die Laan het so baie adrenalien nie. En ek is verslaaf aan adrenalien.”

Die Welmans FOTO: 7de Laan

Die Welmans
FOTO 7de Laan

Toe 14 hoofspelers, nou 27

Die oorspronklike musiek van die openingstoneel is geskryf deur Louis van Rensburg, en die beeldmateriaal is in die strate van Melville, Johannesburg, geskiet. Die 2015-openingsmusiek is deur Joe Niemand en die beeldmateriaal is deels in Parkview, Johannesburg, afgeneem.

Leon de Lange (Dawid Minnaar) FOTO: 7de Laan

Leon de Lange (Dawid Minnaar)
FOTO 7de Laan

Sandra Stutterheim (Helene Lombard) was die oorspronklike feeks wat kykers warm onder die kraag gehad het met haar skelm streke. En later het Jo da Silva in die rol van Gita gesorg vir nuwe redes vir kykers om ontstoke te raak. 

Sandra Theron-Stutterheim (Heléne Lombard) FOTO: 7de Laan

Sandra Theron-Stutterheim (Heléne Lombard)
FOTO 7de Laan

7de Laan-rolverdeling

2000

2016

Dawid Minnaar David Rees
Nina Swart Hildegardt Whites
Gys de Villiers Hennie Jacobs
Vinette Ebrahim Vinette Ebrahim
Chris van Niekerk Francois Lensley
Ingrid Paulus Ingrid Paulus
Wilna Snyman Deirdre Wolhuter
Anna-Mart van der Merwe Melanie du Bois
Waldemar Schultz    Christo Davids
Francois Rautenbach Theodore Jantjies
Annelisa Weiland Annelisa Weiland
Yvonne van den Bergh Annelize van der Ryst
Helene Lombard Jo da Silva
Quinne Brown Corné Crous
Carina Nel
Dann-Jacques Mouton
Themsie Times
Pierre van Pletzen
Diaan Lawrenson
Carla van der Merwe
Masego Sehoole
   André Lotter
Anelisa Phewa
Mimi Mahlasela
Kristen Raath
Jacques Blignaut
Markus Haywood
FOTO: 7de Laan

FOTO 7de Laan

The post 7de Laan dalk van die lug af appeared first on SARIE.

Minki se look vir ‘Boer soek ’n vrou’

$
0
0

Vanaand begin 10 boere oor die hele Suid-Afrika heen na liefde soek. Die gewilde kykNET-reeks Boer soek ’n vrou is terug vir ’n 9de seisoen. En dié keer gaan niemand anderste nie as Minki van der Westhuizen die boere met hartsake help!

Vanaf Robertson, Wes-Kaap, tot Nigel, Gauteng, was Minki vir weke op die pad van plaas tot plaas. En soos sy oor die land gery het, het sy net weer besef daar’s één boerdery waarvoor sy nie kans sien nie.

“Melkboerdery – jy moet vroeg opstaan, sesuur, want die koeie kan nie wag nie. Hulle wil gemelk word. Maar ek is lief vir die platteland en vir boerdery. Ons het ook vriende wat boer, so ek ken die plaaslewe,” het Minki aan Fanie Cronjé, SARIE se styl- en sosiale redakteur, vertel.

Só lyk die boere

FOTO Instagram / @minkivanderwesthuizen

FOTO Instagram / @minkivanderwesthuizen

En saam met haar in die bakkie was Marí Conradie, ’n grimeerkunstenaar en stileerder, wat seker gemaak het Minki lyk eksieperfeksie, soos ’n plaasmeisie – natuurlik!

Marí het op groot films soos Johnny is nie dood nie en Dis koue kos, skat gewerk. En het selfs die lieflike Rolanda Marais se grimering op haar troudag gedoen! Kyk die troufoto’s hier.

“Dit was so maklik om met Minki te werk en ons het werklik vriendinne geword. Wat gelukkig is, want om vir weke met iemand ’n bakkie te deel kan uitdagend wees as julle nie oor die weg kom nie. Maar Minki is plat op die aarde en gemaklik,” vertel Marí aan SARIE.com.

En vir Minki was dit net so lekker.

“Ek en Marí het gelukkig dieselfde styl. Ons het saam aan my look gewerk,” beaam Minki.

Dis ’n seisoen vol nuwe dinge. Nuwe boere, nuwe aanbieder, nuwe regisseur en nuwe stileerder en grimeerkunstenaar.

“Maar sekere dinge word anders gedoen. My styl is byvoorbeeld baie gemaklik. Ek gesels net soos wat ek met enigiemand sal praat. Dit het hulle op hul gemak gesit,” verduidelik Minki.

Minki se look

Marí wou seker maak dat Minki toeganklik is en sê: “Ek wou hê mense moet met haar kan relate en dink dat hulle ook so kan aantrek.”

Klere van Mr. Price, Pick n Pay Clothing en Old Khaki is gebruik om Minki se uitrustings op te tower. “Items word reg deur die reeks herhaal. Sy sal weer iets aantrek, maar dan is dit net anderste gestileer. Dís die geheim.”

Volgens Marí lyk Minki baie goed in groen, kakie, pastelle en roeskleure.

Ek en Pieter op sy plaas buite Nigel!! Dames, skryf vir jou gunsteling boer!!!! @kyknettv #boersoeknvrou

A photo posted by Minki vd Westhuizen (@minkivanderwesthuizen) on

Boerbokkie #bsv9 #boersoekñvrou #roadtrip #farmlife @kyknettv @faano1 @oldkhaki scarf&parka A photo posted by Minki vd Westhuizen (@minkivanderwesthuizen) on

Ek en Hennie op hul plaas buite Willowmore!! Kom, Dames!! Skryf vir jou gunsteling! @kyknettv #boersoekñvrou @oldkhaki parka&scarf @faano1

A photo posted by Minki vd Westhuizen (@minkivanderwesthuizen) on

Minki se grimering

Marí het baie op kontoere (contouring) en verbronsing (bronzing) gefokus.

“En op haar oë het ek natuurlike kleure gebruik, soos bruine. En op haar lippe het ons met die nude kleure gespeel.”

Maar wanneer daar ’n deftige geleentheid op Boer soek ’n vrou was, het Marí meer kleur aan Minki se lippe gegee. “’n Bold look soos plum.”

En hare?

“Ek het soms Minki se hare effens gekrul. Maar ons wou dit nie laat lyk of sy ure voor die speel gestaan het nie. Dit moes natuurlik, plat op die aarde wees.”

#bsv9 #roadtrip #onset

A photo posted by Minki vd Westhuizen (@minkivanderwesthuizen) on

 

En watter deel van die land is vir Minki die spesiaalste?

“Die Karoo is ongelooflik spesiaal, dit het met my hart gepraat. My pa en ma was saam met ons op daai deel van die produksie, om te help met die kinders. Die kinders was saam waar dit moontlik was. Maar o hel, dit kan ʼn uitdaging wees. Hulle wil eintlik net by die huis by hul speelgoed wees,” onthou Minki.

Dink jy van die boere het ingeskryf want hulle hoop om eintlik vir jou te kry?

“Ek hoop nie so nie, want dan gaan hulle baie teleurgesteld wees. Ek dink hulle was daar om regtig liefde te vind. Of hulle dit wel gekry het, moet julle maar wag en kyk.”

Vroegoggend op die plaas saam met Corné, net buite Alexandria. Skryf dadelik in, dames!!! @kyknettv #boersoeknvrou @faano1

A photo posted by Minki vd Westhuizen (@minkivanderwesthuizen) on

Boer soek ’n vrou begin vanaand om 20:00 op kykNET (kanaal 144).

Lees nou

Audrey Hepburn se perske-bellini

Só baie SA flieks!

Trots SA: Wayde en Caster skitter

The post Minki se look vir ‘Boer soek ’n vrou’ appeared first on SARIE.

EKSKLUSIEF: Aktrise Christel van den Bergh se troue

$
0
0

Vir die afgelope paar maande kuier die Afrikaanse aktrise Christel van den Bergh weeksaande in TV-kykers se huise. In die kykNET-sepie Getroud met Rugby speel sy die rol van die ambisieuse Renate Greeff, wat getroud is met die Stryders-rugbyspeler Simon (David Louw). Maar op 8 Oktober het Christel haar eie sprokiestroue gehou.

Sy en JP van der Merwe, ’n risiko-adviseur en ekonomiese-ontwikkelingskonsultant, het by Bell Amour by die Roodeplaat-dam net buite Pretoria getrou.

Die venue was baie spesiaal, met ’n Franschhoek-gevoel vol blomme, wingerde en olyfbome, vertel Christel.

“Ons wou aanvanklik in die Kaap of in Nature’s Valley trou, maar oor ons Johannesburg toe verhuis het, was dit beter om naby die huis te trou. En dit was spesiaal, ’n troue in Pretoria, waar ek vandaan kom, wat lyk soos die Kaap, JP se plek van herkoms.”

FOTO James Strack van A Wedding Lifestyle

FOTO James Strack van A Wedding Lifestyle

FOTO James Strack van A Wedding Lifestyle

FOTO James Strack van A Wedding Lifestyle

JP het Christel met ʼn roosgoud-verloofring bederf. Sy het die hele tema van haar troue om dié ring gebou! Sy is ook lief vir olyftakkies en voëltjies, wat sy oral saam met die roosgoud gebruik het – van die save the date tot die onthaal.

FOTO James Strack van A Wedding Lifestyle

FOTO James Strack van A Wedding Lifestyle

En hoe voel dit om met Christel getroud te wees? JP sê: “Ons is al vir vyf jaar saam en om getroud te wees voel baie dieselfde. Om saam met Christel te wees is interessant en pret. Sy het ʼn mooi en vrygewige, onselfsugtige hart. Met ʼn sterk wilskrag. Ek is baie lief vir haar.”

Vir hom was die hoogtepunt van die dag om haar in die paadjie sien afstap.

Christel en haar pa, Christo  FOTO James Strack van A Wedding Lifestyle

Christel en haar pa, Christo
FOTO James Strack van A Wedding Lifestyle

“Dit was baie emosioneel maar ook ongelooflik vir my. O ja, en nog iets om by te sê, sy het asemrowend mooi gelyk. Haar rok was amazing!”

’n Dag vol vriende en familie

“My troue was so sentimenteel, alles behalwe die venue is deur vriende gedoen,” vertel Christel. Wat die reine waarheid is, want haar en JP se vriende en familie was onmisbaar betrokke.

“Die dag was perfek. Regtig! Om almal wat jy liefhet vir een dag saam met jou daar te hê is só spesiaal en dit was die beste partytjie nóg. Met baie sjampanje – natuurlik!” vertel sy verder.

Haar nege bruidsmeisies was uiteraard haar beste vriendinne, wat Nadia Valvekens (Binnelanders), Amalia Uys (Sy Klink Soos Lente), Ciske Kruger (Bakgat!) en haar sussie, Lionie, insluit. Amalia het ook ’n toespraak gehou en die heildronk op die paartjie ingestel. Ciske se dogtertjie, Amelié, was die blommemeisie en Christel se broerskind, Christiaan, was die ringdraer!

JP en Christel 14

FOTO James Strack van A Wedding Lifestyle

Ciske Kruger se dogtertjie, Amelié FOTO James Strack van A Wedding Lifestyle

Ciske Kruger se dogtertjie, Amelié.
FOTO James Strack van A Wedding Lifestyle

Haar vriende het elkeen iets spesiaals vir of op die troudag gedoen.

Ciske, wat ook ’n haarstilis is, het Christel se hare gedoen. Hennie Jacobs (Diederick van 7de Laan) het kitaar gespeel, terwyl aktrise Jaqui Shiel gesing het. Aktrise Hanna Grobler het spesiaal die tafelgebed gedoen. Haar bruidsmeisie Clarissa Nel se man, James Strack van A Wedding Lifestyle, was die fotograaf en het sommer die foto’s as trougeskenk gegee!

Ciske in aksie! FOTO James Strack van A Wedding Lifestyle

Ciske in aksie!
FOTO James Strack van A Wedding Lifestyle

Hennie Kotze FOTO James Strack van A Wedding Lifestyle

Hennie Jacobs en Jaqui Shiel
FOTO James Strack van A Wedding Lifestyle

Die aktrise Hanna Grobler het spesiaal die tafelgebed gedoen. FOTO James Strack van A Wedding Lifestyle

Die aktrise Hanna Grobler het spesiaal die tafelgebed gedoen.
FOTO James Strack van A Wedding Lifestyle

Een van haar ander beste vriendinne, Marique Yssel van Marique Yssel, het haar trourok en die bruidsmeisies se rokke ontwerp. Ook die oulike kimono’s wat Christel en haar gevolg gedra het terwyl hulle vooraf gekuier en vir die bruilof gereed gemaak het.

FOTO James Strack van A Wedding Lifestyle

FOTO James Strack van A Wedding Lifestyle

FOTO James Strack van A Wedding Lifestyle

FOTO James Strack van A Wedding Lifestyle

FOTO James Strack van A Wedding Lifestyle

FOTO James Strack van A Wedding Lifestyle

JP se tannie Ilze het ʼn sjokolade-en-macaroon-boetiekfabriek in Engeland, Ilze’s Chocolate, en het macaroons as geskenk gegee vir die nageregtafel. Die gaste het dit só geniet dat daar nie eens vir Christel self een oorgebly het om te eet nie!

Die 170 gaste het elk ʼn bagasie-naamkaartjie van leer as geskenk ontvang. Dié geskenke is deur Natasha Joubert gemaak, met elkeen se naam agterop gegraveer en die troulogo aan die voorkant.

JP en Christel 22

Die gelukkige paartjie saam met die Afrikaanse sanger Sorina Flooze Erasmus en haar man, Braam. FOTO James Strack van A Wedding Lifestyle

Christel se Getroud met Rugby-familie. FOTO James Strack van A Wedding Lifestyle

Christel se Getroud met Rugby-familie.
FOTO James Strack van A Wedding Lifestyle

En Renette Lotriet van Renette’s Cake Creations het die troukoek as geskenk gegee.

Die blomme is deur niemand anders nie as Lééf se Juané Scheepers gedoen. Sy het deesdae haar eie besigheid, A Seed To Sow. En haar skoolvriendin Nita Terblanche het die webtuiste en troulogo ontwerp.

Gepraat van ’n dag wat ook deur vriende, familie en geliefdes spesiaal gemaak is!

– Christel en JP se bruilof word op 27 Oktober deur Bravo! uitgesaai om 20:00 op kykNET (kanaal 144).

FOTO James Strack van A Wedding Lifestyle

FOTO James Strack van A Wedding Lifestyle

Verskaffers

Venue – Bell Amour

Trourok en bruidsmeisies se rokke – Marique Yssel

Troufoto’s – James Strack van A Wedding Lifestyle

Troukoek – Renette Lotriet van Renette’s Cake Creations

Macaroons – Ilze’s Chocolate

Blomme – Juané Scheepers van A Seed To Sow – a.seed.to.sow@gmail.com

Lees nou

TROUFOTO’S: Aktrise Roeline Daneel

FOTO’S: Protea-ster Quinton en Sasha se groot dag

FOTO’S: Aktrise Rolanda Marais se sprokiestroue

The post EKSKLUSIEF: Aktrise Christel van den Bergh se troue appeared first on SARIE.


Leandie Du Randt kry nuwe haarstyl!

$
0
0

Dis vars, dis anders, dis spontaan en dis Leandie du Randt op haar beste. Met haar nuwe haarstyl is sy nie net reg vir die somer nie, maar ook reg vir enige uitdagings. En ons is mal daaroor!

Reeds van die begin af trek Leandie aandag. Of dit nou as Vankies in kykNET se Binnelanders is, as motiveringsspreker wat oor die land heen toer, dansend op Strictly Come Dancing of in ’n fliekrol – Suid-Afrikaanse gehore is mal oor haar. Hulle hang as’t ware aan haar lippe. Dis géén verrassing dat selfs iets soos ’n nuwe haarstyl mense aan die praat het nie.

En gister was weer sulke tyd. Tyd om van daai lang wit lokke ontslae te raak en ʼn moderne nuwe bob-haarstyl met ʼn prominente kuif te kry.

Maar soos Leandie self sê, net vir ʼn ruk, tot sy moeg is vir die ou look en dan sal sy kyk watter styl weer in is, of waarvoor sy lus is.

Kyk net die verskil!

Voor

Leandie du Randt se hare

Leandie du randt

 

Haar haarkaper

Jeannelett Hall van The Senate Hairsalon langs Montecasino in Fourways, Johannesburg, is Leandie se one stop call vir ’n haarstyl wat die koppe sal laat draai. Die twee ken mekaar al van skool af en tóé al het Jeannelett gespot dat sy eendag Leandie se haarstilis sal wees.

’n Goeie verstandhouding en verhouding met jou haarkapper is noodsaaklik, want ʼn sentimeter te kort of net een skakering verkeerd is maak of breek. Maar dié twee verstaan mekaar. Leandie voel Jeannelett is briljant vir blondines, want sy weet net hoe om met daai kleur te werk.

Só versorg sy haar hare

En om seker te maak haar hare bly mooi en gesond, gebruik sy produkte van L’ANZA en Olaplex Haircare. Dis ʼn behandeling by dié salon.

Fanie gesels met Leandie

Hoekom het jy besluit om jou hare te sny?

Ek was lus vir ’n verandering dié somer en oor daar so baie meisies in my bedryf is met lang blonde hare, wou ek myself bietjie differensieer van hulle. Ek voel ook as gevolg van die lang blonde hare dink baie mense ek is ’n heavy poppie, en ek is nie. So ek voel dié styl pas my persoonlikheid meer!

Hoe lank het jy jou vorige look gedra? En hoe het jou hare voor daai look gelyk?

Ek het nou weer lang blonde hare van so Julie af gehad. Voor dit het ek my hare in ’n kort bob gedra en dit was bruiner vir die aksieprent Jagveld. Maar ek het besef blond is maar my kleur, ek is al van kleins af spierwit.

Hoekom is dit vir jou belangrik om ʼn nuwe voorkoms te kry of van tyd tot tyd iets nuuts te probeer?

Ek is ’n aktrise en that means reinventing your look all the time to stay fresh and to play different roles. Ook oor ek verskriklik vinnig verveeld raak. Ek gaan nou seker weer oor 2 maande verlengings kry.

Dink jy dit is belangrik om jou eie outentieke identiteit te hê?

ABSOLUUT! Ek kan nie sterker daaroor voel nie. Dit is juis ook hoekom ek dit doen sodat ek nie vir te lank soos iemand anders lyk of met iemand anders vergelyk word nie. My motto en tema van my motiveringspraatjies is hoeka #NoOneCanBeatYouAtBeingYou, so wees JY!

Wanneer kan ons by mekaar se looks iets “leen” en aanwend as ons eie?

Altyd, maar ek het besef wat by iemand anders mooi lyk, gaan nie noodwendig dieselfde op jou lyk nie. Kry dus eers raad by jou haarkapper voor jy iets aanpak.

Wat is daai een ding wat iemand regtig mooi maak? 

Persoonlikheid, en wanneer iemand regtig net haarself of homself is. Dis die mooiste vir my. Geen bullshit en geen fakeness.

Hou jy van hoe jy nou lyk? 

Ek hou daarvan. Ek moet net gewoond raak daaraan. Lang hare sal altyd vir my die mooiste wees oor ek ’n boheemse styl het en daarvan hou om my hare elke dag anders te dra – dan in ’n bolla, dan gevleg dan in ’n ponie. Maar vir nou sal ek dit laat werk.

Leandie se hare oor die jare

IMG_8795

FOTO Verskaf

IMG_8796

FOTO Verskaf

IMG_0132

FOTO Verskaf

Leandie du Randt by die première van Pad na jou hart FOTO: Phyllis Green

Leandie du Randt by die première van Pad na jou hart
FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

 

Halo Karoo!#Emma #Jagveld #onset

 

A photo posted by Leandie du Randt Bosch (@leandiedurandt) on

 

Bows & collars Show nr 35 Halo Nelspruit#NoOneCanBeatYouAtBeingYou #backstage #EndYearShowEmperors30Sept

 

A photo posted by Leandie du Randt Bosch (@leandiedurandt) on

WHAT?!! Magic Clip- in extensions van @strands_of_love__ dan kan jy kies. Een dag kort, een dag lankWatse look is jul favourite? A photo posted by Leandie du Randt Bosch(@leandiedurandt) on

Leandie du randt

Wat dink julle van Leandie se haarstyl?

Lees nou

Leandie: 7 gewoontes help my só lyk

Victoria Beckham se verrassende velsorggeheim

The post Leandie Du Randt kry nuwe haarstyl! appeared first on SARIE.

EKSKLUSIEF: Lika Berning swanger

$
0
0

Liefling Lika Berning is swanger met baba nommer drie! Sy en haar akteursman, Clyde Berning, gaan vir Hugo (5) en Jessi (1) ʼn sussie gee.

Die “surprise bundle of joy” was nie deel van Lika en Clyde se beplanning nie. “Ons het besluit om nie meer as twee kinders te hê nie. Nie met dié dat ek en Clyde al twee vryskut-akteurs is nie,” het Lika eksklusief aan SARIE.com gesê.

Tussen Clyde en haar twee seuns is Lika baie opgewonde en bly dat baba Berning nommer drie ʼn dogter is.

FOTO: Verskaf

Lika saam met haar liefkinders, Hugo en Jessi. FOTO Verskaf

FOTO: Verskaf

FOTO Verskaf

“Ons het dit glad nie beplan nie. Maar ek voel so gebless. Ek gaan my dogter kry.  Dit gaan balans bring tussen al die testosteroon. Soos dit nou is, het ek klaar drie seuns wat ek moet grootmaak.”

Lika is vyf maande swanger en die baba word in Februarie gebore. Hulle het nog nie op ʼn naam besluit nie. “Ons het ʼn lys met name. Miskien gaan ons ʼn familienaam kies.”

Lika moes projekte van die hand wys omdat sy swanger is.

FOTO: Leana Clunies-Ross Foto geneem by Bistro Vine Parkhurst, 011 327 4558, www.bistrovine.co.za

FOTO Leana Clunies-Ross
Foto geneem by Bistro Vine Parkhurst, 011 327 4558, www.bistrovine.co.za

Sy sê die vreugde van die nuweling is baie groter as fliekrolle, sy en Clyde kan nie wag vir al die lekker Kersfeeste wat voorlê nie.

“Ek gaan beskuit bak en hulle kan toffies eet, and that’s it.”

Lees nou

50 babaname wat verbied is

Laudo Liebenberg se Karoo-troue

Wat sê jou lipstiffie se vorm oor jou?

The post EKSKLUSIEF: Lika Berning swanger appeared first on SARIE.

Erica Wessels se fliek wen internasionale prys

$
0
0

Dis Erica Wessels soos jy haar nog nooit gesien het nie. Kyk jy na die lokprent van die plaaslike fliek, Hatchet Hour, lyk sy soos ’n femme fatale à la 1940’s. Beeldskoon is Erica beslis. En nou is dié fliek, waarin sy die hoofrol speel, aangewys as beste buitelandse rolprent by die La Femme-filmfees in Los Angeles, Amerika.

Erica vertolk die rol van die prokureur Belle Swetlow wat ’n verkeerde besluit neem, met verreikende gevolge. En omdat sy nie verantwoordelikheid vir haar dade wil aanvaar nie, ontaard haar lewe in ’n al hoe groter gemors.

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Kyk hoe praat Erica oor haar karakter

As ’n swart komedie-riller het dié fliek aanvanklik gesukkel om ’n Suid-Afrikaanse gehoor te kry. “Dis moeiliker vir ’n Engelse fliek om in SA gewys te word omdat die gehoor so wispelturig is. Boonop kyk Engelssprekendes nie sommer SA flieks wat Engels is nie. Hulle verkies Hollywood-rolprente,” het die regisseur, Judy Naidoo, aan SARIE.com verduidelik.

Erica Wessels en Michael Richard wat haar pa speel. FOTO Verskaf

Erica Wessels en Michael Richard, wat haar pa speel.
FOTO Verskaf

Juis daaroor het Judy besluit om dié rolprent vir ʼn paar internasionale feeste ook in te skryf. En die prys by La Femme was vir haar ’n verrassing.

“Ironies genoeg was dit baie makliker om daar oor die waters ’n gehoor en belangstelling te kry.”

Judy was nie by die prysuitdeling in LA nie en het die nuus Maandagoggend op Facebook gesien.

“Toe ek hoor ons is benoem, het ek my nie te veel daaraan gesteur nie. Ek het nie gedink ons staan ’n kans om te wen nie.”

Min het sy geweet.

En oor Erica se spel? Daarvoor het Judy net lof. “Ek is baie trots op Erica. Sy is ʼn besonders goeie aktrise en haar spel is manjifiek. Al die akteurs is goed, maar Erica lewer werk soos nog nooit tevore nie.”

Kyk hier na Hatchet Hour se lokprent

Hatchet Hour word 4 November in SA uitgereik.

Erica Wessels

Lees nou

Jou stem tel vir 2017 se Rock & Roll Hall of Fame!

50 babaname wat verbied is

EKSKLUSIEF: Lika Berning swanger

The post Erica Wessels se fliek wen internasionale prys appeared first on SARIE.

Is sy SA se grootste sepiefeeks nóg?

$
0
0

’n Feeks is deel van die meeste sepie-storielyne. Oor die jare kom en gaan hulle dalk, maar hulle word altyd onthou. Dink maar aan Chantell Stander se Kimberley in Egoli, en Helene Lombaard se Sandra en Jo da Silva se Gita in 7de Laan. Michelle Botes was bekend as die superfeeks Cherel in Isidingo, selfs onder mense wat dit nie eens gekyk het nie. Hulle was almal sleutelkarakters en het ’n onvergeetlike impak gemaak.

Rolanda Marais se Stefanie in Binnelanders was nie van die begin af ʼn feeks nie. maar die karakter het tot een ontwikkel. Deesdae het Binnelanders nie meer ʼn residensiële feeks nie. Hulle kom en gaan en Marissa Vermaak, gespeel deur Marlee van der Merwe, het tot gister die kykers se bloed behoorlik laat kook. Sy was inderdaad die mees gehate karakter wat nog haar verskyning in dié sepie gemaak het. Maar ook nie vir lank nie, want die skeppers is nou besig om ’n gevestigde karakter in ’n feeks te laat ontaard.

“Ek dink Marissa is verreweg die mees gehate karakter wat Binnelanders nog gehad het,” vertel Ernst Swart, publisiteitsbestuurder van die sepie.

FOTO Binnelanders

FOTO Binnelanders

IMG_9379

FOTO Vernondo Boshoff Photography

 

“Dit was altyd Cherilee (Nicola Hanekom), maar ná Vrydag- en Maandagaand se episodes het Marissa die meeste haatpos nóg by Binnelanders gekry. Kykers hou daarvan om ʼn rede te kry om nie van karakter te hou nie. Hulle het gewoonlik begrip vir ʼn karakter wat noodgedwonge iets slegs moet doen en vergewe dan maklik so iemand. Maar sodra die karakter ʼn slegte daad pleeg vir persoonlike gewin, en dan ’n selfsugtige voordeel uit die situasie trek, haat die publiek daai karakter so erg dat hulle ekstra moeite doen om hul opinie te lig en op sosiale netwerke te deel.”

Marlee het uiteraard ook na die reaksie op Facebook gaan kyk. “Ek is bly oor die reaksie. Dit beteken ek het met my werk goed gedoen. Op Facebook is dit asof die gordyn tussen realiteit en fiksie verdwyn en hulle nie meer die aktrise raaksien nie, maar net die karakter wat vir hulle ʼn waarheid geword het. Dis goed; dis ʼn kompliment. Dit beteken ek het my werk goed gedoen. Die skrywers het hul werk goed gedoen. Die hele produksie het gewerk soos dit moet.”

FOTO Binnelanders

FOTO Binnelanders

FOTO Vernondo Boshoff Photography

FOTO Vernondo Boshoff Photography

Marlee, wat die aandag getrek het met haar spel in die fliek Liefling en met die musiekblyspel-weergawe, het aanvanklik nie geweet wat sy met die rol gaan maak nie. “Die karakter is so ver verwyderd van wie ek is.” Marlee se ander hoogtepunte op TV sluit die dramareekse Bloedbroers en Sterlopers op kykNET in.

Lees nou

Petrolpryse styg wéér

Kry dikker wenkbroue met ’n koekie badseep

Kendall Jenner se resep teen aknee: Eierwit en suurlemoensap

The post Is sy SA se grootste sepiefeeks nóg? appeared first on SARIE.

Bobby en Karlien se nuwe avontuur

$
0
0

“Eerlik, rou, sonder pretensie,” beskryf Karlien van Jaarsveld die TV-program Bobby en Karlien: In jou skoene. Dié bekende broer en suster nooi ons om deel te word van hul wêreld vanaf Woensdag, 11 Januarie, op die leefstylkanaal VIA (DStv-kanaal 147).

Dié program is nie net nog ʼn werklikheidsreeks soos Keeping Up with the Kardashians of The Osbournes nie.

Bobby en Karlien se lewe word gedokumenteer ja, en ons gaan beslis in hul private wêreld ingenooi word. Maar in elke episode word die twee deur hul naaste familielede uitgedaag om sekere take te verrig en ander mense in die proses te help. Dít is niks vreemds vir die Van Jaarsvelds nie, want hulle is al vir lank betrokke by liefdadigheidswerk. Nou word ons genooi om te kyk wat hulle doen.

FOTO Leana Clunies-Ross

FOTO Leana Clunies-Ross

FOTO Leana Clunies-Ross

FOTO Leana Clunies-Ross

In een episode, byvoorbeeld, stuur Karlien se ma, Ronel, haar om ’n naweek saam met Ronel se huishulp in ’n township deur te bring.

“Ek, hul pa en hul ouma is net nou en dan deel van die reeks,” vertel Ronel, “Daar word onderhoude met ons gevoer oor Bobby en Karlien se aktiwiteite. Die werklikheidsreeks gaan daaroor om ʼn verskil te maak.”

Daar is al ʼn geruime tyd praatjies en onderhandelings om Bobby en Karlien saam in ʼn TV-reeks te kry. Ronel wou nie gehad het dit moet ʼn “plastiek-program” wees nie. Dit moes eerder iets spesiaals wees.

“Dit moet ’n verskil maak aan mense se lewens, en ook ’n verskil aan Bobby en Karlien se eie lewe. Die reeks het ʼn boodskap van omgee vir mekaar,” sê sy.

Gaan ons die ware Bobby en Karlien sien?

“Ons gaan meer as die ware Bobby en Karlien sien,” sê Ronel. “Ons vorm maklik ʼn persepsie van iemand en 99% van die tyd is dit nie die waarheid oor wie en wat daai mens is nie. Ons is almal skuldig daaraan. Ons kry ʼn idee in ons kop oor iemand en glo dit.”

Leana Clunies-Ross

FOTO Leana Clunies-Ross

Karlien van Jaarsveld FOTO Leana clunies ross

FOTO Leana Clunies-Ross

Karlien sê: “In die reeks voel ek vir die eerste keer gemaklik en net myself. Ons kan net wees wie ons is en niemand kan ons woorde verdraai nie. Dis eerlikwaar die gunsteling-ding wat ek nóg in my loopbaan gedoen het, dis my passie. Mense wat swaarkry consume my hele hart en dis waar ek wil wees: Hoe hulle lewe, wat hul storie is. Ek is absoluut mal oor al die mense wat ek ontmoet, want dis waaroor die lewe regtig gaan, eerlik, rou en sonder pretensie.”

Lees nou

Jou gids vir die super-supermaan

VIDEO: Ons Desember-voorbladster gesels skoonheid

The post Bobby en Karlien se nuwe avontuur appeared first on SARIE.

7de Laan se Hildegardt deel groot nuus

$
0
0

Vir die afgelope paar jaar ken die kykers haar as die deernisvolle Bonita Meintjies, ’n sleutelkarakter in die SABC-sepie 7de Laan. Maar Hildegardt Whites is veel meer as net ’n sepie-aktrise, haar beker loop oor van talente. Sy is immers ’n sangeres en droom van haar eie album. Maar nou deel sy gróót nuus: Haar eerste swangerskap en ’n TV-program op VIA (DStv kanaal 147), Hilde se Hartsklanke!

Hildegardt en haar musikantman, Kuba Silkiewicz, verwag hul eersteling. Sy is reeds 4 maande swanger en verwag hul baba in Mei.

“My wind was uitgeslaan, ek kon dit nie glo toe ek hoor ek is swanger nie! Ek probeer dit wegsteek, maar almal weet.”

Maar intussen word Hildegardt en Kuba se TV-baba, Hilde se Hartsklanke, op 23 November gebore. Dis nie net húl “baba” nie, maar ’n program wat hulle saam met hul akteursvriende Diaan Lawrenson en Jody Abrahams gemaak het.

Die hele Augustus was Hildegardt, Kuba, Diaan en Jody in die Noord-Kaap en die Weskus om dié program te skiet. Dis háár mense, háár dorpies, vertel sy opgewonde. Jody het die regie gedoen, Kuba was die musikale regisseur en Diaan het dit vervaardig.

In Hilde se Hartsklanke reis sy deur die dorpies om haar familiestorie te ontdek. Sy maak ook musiek met kunstenaars wat oor haar pad kom.

“Kuba se Afrikaans het so verbeter. In elke dorpie praat ek in hul eie dialek. Dit was so lekker en ek het regtig met hulle connect. Dis amazing hoe musiek mense kan laat connect. Kuba verstaan nie wat die mense praat nie, maar met musiek het hy met hulle connect.

FOTOGRAAF: SJ van Zyl  Grimering: Kohl

FOTO SJ van Zyl
GRIMERING Kohl

Aan die einde van hul werkery aan die program het Hildegardt begin vermoed sy is swanger.

“My baba kom van iewers in die Noord-Kaap. Aan die einde van die shoot sê ek vir Diaan ek word vet, ek dink ek is swanger. Ons lag en maak grappies, en sy sê: ‘Meisie, jy sal moet laat kyk.’ Ek was ’n week terug by die huis, toe kom ek agter iets is nie reg nie, want ek is heeltemal te emosioneel.”

Vir Hildegardt word al haar drome stukkie vir stukkie waar.

“Ek wou nog altyd ʼn album opneem. Maar met baie spesifieke klanke, ek kan dit nie beskryf nie. Dis outentiek en organies. Klanke wat jy nie meer hoor nie. Trekklavier en mondfluitjie en kitaar wat anderste gestel word. ’n Klank wat ek onthou van my kinderjare. Klanke wat jy net daar in daai wêreld kry. Ons het gegaan na elke dorp wat vir my iets beteken het. Vryburg in die Wes-Kaap, waar ek grootgeword het. Die Sederberge en Clanwilliam se dam. Ons gesin het elke Sondagmiddag na Clanwilliam se dam toe gery. Vredendal, waar ons inkopies gaan doen het. Vanrhynsdorp, waar my familie woon.”

“Hilde is al deel van my familie en dit was heerlik om saam met haar te werk. Sy is passievol en toegewyd en dit was ’n eer om haar storie te vertel,” het Diaan gesê.

Hilde se Hartsklanke begin Woensdag, 23 November, om 20:00 op VIA (DStv kanaal 147).

The post 7de Laan se Hildegardt deel groot nuus appeared first on SARIE.

Elma Smit se nuutste avontuur

$
0
0

Kykers gaan in die nuwe jaar ’n intieme kykie kry in die lewe van ’n klomp van ons land se top-rugbyspelers. In die nuwe TV-program Buite die lyne gaan aanbieder Elma Smit by 13 rugbyspelers kuier terwyl hulle kos maak.

“Dit is om die spelers se stories te vertel sodat mense hulle beter kan leer ken. Ons praat nie rugby nie. Ons praat oor hul lewe. Die lesse en ervarings wat hulle leer ‘buite die lyn’ van die veld af,” het Elma aan SARIE.com gesê.

Terwyl die speler kos maak, gesels hy oor sy lewe en vertel sy storie.

“Die speler maak die kos en kies iemand wat saam met hom kook, maar die fokus bly op die speler.”

Elma Smit in 2014 vir SARIE FOTO Leana Clunies-Ross

Elma Smit in 2014 vir SARIE FOTO Leana Clunies-Ross

Sy verduidelik dat elke ou getrou bly aan homself. Die Blou Bul-stut Pierre Schoeman maak ʼn spaghetti bolognese. Ons sien ’n ander sy van hom, hy leef  ʼn meer holistiese leefstyl. Hy drink groentee. Hy is ook erg oor sy ma en bederf haar, onder meer met ʼn uitstappie na ʼn spa.

Pierre en Elma saam in die kombuis:

was awesome working with @bordeaux_kreative @elmakapelma on “buitedielyne” #via

A photo posted by Pierre Schoeman (@pierraschoemies) on

Sy spanmaat, die senter Jan Serfontein, het meer van ʼn MasterChef-aanslag. “Die agterlyn hou van afshow. Die voorspelers sê so!” lag Elma.

“Jan maak met die hulp van sy modelmooi vrou, Lani, oondgebraaide filetsteak gestop met vye, korrelmosterd en kaas toegedraai in ʼn spek-kombers.”

Lani en Jan serfontein FOTO Kristi Agier

Jan en Lani Serfontein op hul troudag. FOTO Kristi Agier

SARIE het vroeër vanjaar Jan en Lani se troufoto’s gedeel, klik hier.

Die Leeu-vleuel Courtnall Skosan kook saam met sy ma. Kos met baie speserye, iets waarvoor Elma nie noodwendig lief is nie, maar toe sy dit eers proe, was sy beïndruk. Dit beloof om ʼn baie emosionele episode te wees.

Hier is Courtnall en Elma in die kombuis:

“Ek was in die begin nie van plan om die program aan te bied nie. Ek wil vir die spelers die geleentheid gee sodat mense hulle beter kan leer ken, op hul eie veld. Hulle is wonderlike ouens.”

Elma Smit in 2014 vir SARIE FOTO Leana Clunies-Ross

Elma Smit in 2014 vir SARIE FOTO Leana Clunies-Ross

Die konsep van die reeks was Elma se eie idee en sy is die inhoudsvervaardiger. Buite die lyne word van 14 Januarie uitgesaai op VIA (DStv-kanaal 147).

– Dit word in samewerking met MyPlayers, Suid-Afrika se professionele rugbyspelersorganisasie, vervaardig. Besige Elma is daar die bemarkingsbestuurder.

Lees nou

Taylor Swift verdien die meeste

R70 miljoen vir Marilyn se rok

FOTO’S: Springbok Pieter-Steph du Toit se troue

The post Elma Smit se nuutste avontuur appeared first on SARIE.


Wonderkind-ster van ‘Die Wonderwerker’ nou dokter

$
0
0

Sy het met groot filmregisseurs soos Katinka Heyns en Regardt van den Bergh gewerk – dink Die Wonderwerker en Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom. Asook met die teaterreus Marthinus Basson. Maar vir die talentvolle Anneke Weidemann was toneelspel net ’n hoofstuk van haar jong lewe. Haar dryfkrag is lankal nie meer die applous van gehore nie, maar die wil om mense te help.

“My jare van aktrise-wees is verby en ek het daarmee vrede gemaak. Ek wil nie toneelspel in ʼn boks toesluit nie. Maar ek het besluit om nie daardie leefstyl te kies nie,” het Anneke aan SARIE.com vertel.

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Ja, Anneke het besluit om medies aan die Universiteit Stellenbosch te studeer. Sy het besluit om ’n ander droom te laat waar word, dié van dokter of selfs breinchirurg.

Vandag kuier sy by haar ma, Annchen Borstlap-Weidemann, op die Weskusdorp Vredenburg. Haar ma het Kaapstad ’n jaar gelede gegroet en Weskus toe verhuis. Kaapstad is waar Anneke grootgeword het, sy het skoolgegaan by die Laer- en Hoërskool Jan van Riebeeck. Die kinders van SARIE Kos se redakteur, Barbara Joubert, was ook in dié skole en sy onthou dat slim Anneke op die ouderdom van drie al kon lees.

Anneke saam met haar ma, Annchen. FOTO Verskaf

Anneke saam met haar ma, Annchen.
FOTO Verskaf

“Drie klink bietjie jonk,” lag Anneke. “Ek kan nie onthou nie, maar ek kon lees voordat ek skool toe gegaan het.”

Vrydag, ná 6 jaar van bloedsweet en studies, kry sy haar uitslae vir die finale eksamen wat sy geskryf het.  “Dit het goed gegaan, ek wil nie te gou praat nie, maar ek kan nie kla nie.”

Gaan sy ʼn algemene praktisyn word, of ʼn breinchirurg?

“In dié stadium weet ek nog nie. Ek sal volgende jaar kyk waarin ek wil spesialiseer, wanneer ek my internskap gaan doen by ʼn hospitaal in Johannesburg. Daarna sal ek graag my twee Zuma-jare by ʼn hospitaal in die Kaap kom doen. Neurologie is nog ʼn opsie.”

Anneke wil ʼn graag ʼn gesin hê, sy sal dus kyk wat gebeur.

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Ten spyte van haar keuse om eerder die rol van dokter te speel kan ons nie help om te dink aan haar talentvolle loopbaan nie. Sy het nie net lof gekry vir haar werk in rolprente nie, maar ook op die verhoog, met werke soos Francois van Coke se opspraakwekkende musiekteaterstuk 2-21. Dit is in 2009 by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees opgevoer.

Haar loopbaan het begin by haar ma se akteursvriend, Philip Henn van Egoli- en Binnelanders-faam. Hy het destyds vir Anneke, toe 11, aangeraai om ʼn oudisie af te lê vir ʼn rol in die fliek, Story of An African farm (2004).

Sy het die rol gekry en die res is geskiedenis. Later het Regardt van den Bergh haar gekies vir die hoofrol in Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom (2010). En daardie rol het ook vir Katinka Heyns oortuig om ’n kans te vat en haar die rol van Jane Bradshaw in Die Wonderwerker (2012) te gee.

Ongeloofike avonture poster

Kyk die lokprent hier:


Anneke Weideman

Kyk die lokprent hier:

“Mense herken my eerder vir my rol in Hanna Hoekom. Dalk oor dit ʼn voorgeskrewe boek was. Eers as ek sê ek was in Die Wonderwerker, dan besef hulle en sê ‘O, ja dis jy’.”

Daar is baie dokters in Anneke se familie; haar ousus, Jana, is ook een.

Maar vir eers kuier sy lekker by haar ma.

“Ons is soos twee oumatjies, ons hekel en kook bonesop. Ek hekel  ʼn blokkieskombers. My ma het my geleer. Ek doen dit, want dit is terapeuties. Veral nou ná my eksamens verby is, hou ek daarvan om besig te bly. As dit hip en in die mode is om te hekel is ek bly. As dit nie is nie, maak dit nie vir my saak nie.”

Het jy geweet? Haar kêrel is die akteur Pietie Beyers en hy speel ’n dokter in die kykNET-sepie Binnelanders (foto onder).

pietie2

Lees nou

The Hoff is terug

Miley Cyrus se suster sing ook

The post Wonderkind-ster van ‘Die Wonderwerker’ nou dokter appeared first on SARIE.

Ruan Wessels oor boelies: ‘Dit was tough‘

$
0
0

Vir vyf jaar het Ruan Wessels die rol van Morné in die kykNET-sepie Binnelanders vertolk. Maar dis nie al nie, hy het ook naam gemaak in flieks soos Hoofmeisie, Roepman, Agent 2000, Dis ek, Anna en nou weer in Jou Romeo. Kollig het groot vreugde en verrassings oor sy pad gebring. Maar daar was ’n prys: Boelies. Van die begin af moes Ruan leer hoe om hulle te hanteer.

Ruan speel die hoofrol in dié nuwe Afrikaanse rolprent wat vroeg in Desember begin draai. Dis vervaardig deur Film Factory, wat ook trefferflieks soos Vir Altyd, Sy Kink Soos Lente en Vir die Voëls gemaak het.

Hy was net 13 jaar oud toe hy oudisies aflê vir Binnelanders en Hoofmeisie. In dieselfde week het hy gehoor hy het albei rolle losgeslaan. Hy was toe in die Hoërskool Noordheuwel op Krugersdorp.

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Die sukses op so ʼn jong ouderdom was ʼn groot verrassing en vreugde vir Ruan, maar hy het gou besef dit kom teen ʼn prys.

“Ek is op genade deur skool. Ek het nie baie geleer of huiswerk gedoen nie,” het hy aan SARIE.com vertel. Hy moes boonop leer hoe om boelies te hanteer.

“Dit was tough. Kinders vorm hul eie opinies. Eers het ek gemaak of ek dit nie hoor nie, maar dit werk nie regtig nie. Wat wel gewerk het was om hulle te approach in liefde en vrede. Ek het net vir hulle gesê: ‘Ek gee jou nie moeilikheid oor jy rugby of krieket speel nie, moet my nie moeilikheid gee oor ek toneelspeel nie.'”

Ironies genoeg is hy self baie lief vir aksie-krieket. In 2012 was hy gekies as lid van die Proteas se Diamond-ontwikkelingspan. En in 2014 het ʼn bronsmedalje verower by die wêreld-kampioenskappe vir koeng foe.

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Ten spyte van boelies bly dié donkerkop seun gewild onder kykers.

Sy karakter in Binnelanders was só gewild dat selfs toe sy ouers (gespeel deur David Minnaar en Elma Postma) die reeks verlaat het, het Ruan agtergebly.

Binnelanders het my van die begin af laat weet ek kan self besluit of ek wil aanbly of nie. Ek het die opsie.”

Ruan het sy kontrak by Binnelanders beëindig juis om meer fliekwerk te doen.

Hy het geen formele opleiding nie en het geleer soos wat hy aangegaan het. In die bedryf self. Dit was veral Dawid Minnaar wat baie gehelp het om hom touwys te maak

“Ek moes elke dag vroeër stel toe gaan sodat ons deur my teks kon werk. Hy (Dawid Minnaar) het my gewys hoe om deur ʼn teks te werk en my in toom te hou en professioneel te wees op stel.”

Jou Romeo gaan oor ʼn groep skoolkinders, verbode liefde en die stryd tussen die jocks en die nerds. Sy karakter Markus is ʼn jock wat verlief raak op ʼn drama-nerd.

“Ek was nie ʼn jock of ʼn nerd nie, ek was iewers in die middel.”

Hy speel volgende jaar in nog ʼn fliek, Kampterrein, en ook ʼn TV-reeks vir kykNET, Seepglad.

Kyk die lokprent van Jou Romeo hier:

Lees nou

Sorg vir jou grys hare

Is Tracey Lange verloof?

The post Ruan Wessels oor boelies: ‘Dit was tough appeared first on SARIE.

Kirsten Raath van 7de Laan: ‘Ek’s bietjie soos Amorey’

$
0
0

Amorey, die jongste dogter van 7de Laan se Welman-gesin, is soms rebels en haar pa se oogappel. Sy bevraagteken alles en is propvol energie. Kirsten Raath, die aktrise wat haar rol vertolk, vertel daar is verbasend baie ooreenkomste tussen haarself en die karakter.

“Ek het nie so baie energie soos sy nie, ek is nie ʼn hop-balletjie nie. Sy is positief en ek dink ek ook. Sy sit haar kop op ʼn blok – as sy ʼn doelwit gestel het, sorg sy dat dit realiseer. Ek is ook so.”

Kirsten het geen formele opleiding nie en vertel dit was blote geluk dat sy die rol in 7de Laan gekry het. Sy wou van kleins af in die kunste wees, maar sy was nie lief vir skool nie.

“Ek het in ʼn baie kunssinnige en musikale gesin groot geword. Ek en my boetie is al twee culture babies.

“Ek het nooit van skool gehou nie. Ek het van graad 1 tot graag 3 elke dag gehuil, daarna net naweke. Ek het hard gewerk. Ook vir my ma hulle gesê hulle moet my home school. As mense vir my sê hulle verlang terug skool toe, verstaan ek dit glad nie.”

Tog het sy besef skool is noodsaaklik. Haar advies aan ander kinders wat ook niks van skool hou nie? “Ek het altyd vir my self gesê dat skool ʼn middel tot ʼn doel is. Skool is vir niemand anders as jouself nie en dit vorm die basis van die res van jou lewe. So set the bar of your school days, to how you want the res of your life to be.”

FOTO Willem Botha

FOTO Willem Botha

Kirsten is op Pietersburg gebore, maar die gesin het later Nelspruit toe getrek en dis ook waar sy op skool was. In haar matriekjaar het sy in Pretoria se Staatsteater opgetree in die Afrikaanse musiekuitvoering Reik na die sterre. Die agent Jennis Williams van Talent etc het haar op die verhoog gesien en haar genooi om by die agentskap aan te sluit. Die rol in 7de Laan is haar eerste groot rol.

Daai eerste dag op die stel van dié sepie, 3 Mei vanjaar, was vir haar baie spesiaal, want dit was ook haar 20ste verjaardag. Sy het darem voor die tyd geweet wie die akteurs was wat die rolle van haar pa en ma speel, want sy het David Rees se naam geken en sy het vir Deirdre Wolhuter gesien in die fliek Vir Altyd.

Sy is lief vir die mense by 7de Laan en sê hulle is regtig soos ʼn familie. Sy wend haar tot kollegas vir leiding en maak veral staat op Carina Nel, wat die rol vertolk van haar suster, Alexa: “Sy is my klankbord en ek gaan na haar vir raad.”

 

The post Kirsten Raath van 7de Laan: ‘Ek’s bietjie soos Amorey’ appeared first on SARIE.

Wie is Jo Black?

$
0
0

Daar is ’n nuwe nuwe sangsensasie in die land: Jo Black. Hy kom uit die stal van die man met die goue hande, musiekvervaardiger Johan Vorster.

Jo se eerste musiekvideo van ’n enkelsnit is 23 November op iTunes bekend gestel. Op 25 November is dié liedjie, “Skepe”, as enkelsnit vrygestel. Die musiekvideo het geëindig as nommer een op iTunes in Suid-Afrika.

Volgens Netwerk24 het dié einste liedjie selfs vir die gewilde Karen Zoid op iTunes geklop.

Kyk die musiekvideo hier:

“Ek is oorweldig, ek het nooit kon dink ek sal nommer een wees nie. Ek sing al vir 16 jaar. Ek was nooit van plan on ʼn CD uit te bring nie. Dit was eers toe Johan Vorster en sy span my genader het dat ek geïnspireerd gevoel het om dit aan te pak”, vertel Jo aan SARIE.com. 

Sy tyd het aangebreek. Jo se musiek en albums word deur Johan Vorster vervaardig. Dit sê al klaar baie. As jy dink aan sangers wie se loopbane groot hoogtes bereik het met Johan agter hulle, kan jy nie anders as om te voorspel dat Jo Black sukses kan verwag nie. Dink aan Bok van Blerk, Dewald Wasserfall en Karlien van Jaarsveld, om net ’n paar te noem.

Jo het in sy begindae in kroeë gesing. Daarna was dit gospel en lofsang by kerke. Sy motiveringspraatjies by skole het die afgelope ruk aandag begin trek en gou was daar mediabelangstelling. Wie is die man met die groot baard en baie tatoeëermerke wat skoolkinders moed inpraat en adviseer? Sy boodskappe gaan oor onderwerpe soos selfdood, en hy sê vir jongmense: “Wees goed vir jouself en vir ander.”

FOTO Verskaf deur Jenni Griesel

FOTO Clinton Lubbe

Jo Black 5

FOTO Clinton Lubbe

Sy eie storie is aangrypend en inspirerend. Dis ’n verhaal van verslawing en sy pad was nie altyd maklik nie. Sy lewensverhaal laat jou luister met respek, afgryse en verwondering. En dan die applous, die cheer. Daai gevoel wat jy kry as één mens iets goeds doen, soos om ’n medalje te wen of ʼn drie te druk. Is dit hoekom daar so baie hart en siel in sy musiek is? Sy stem is manlik, maar gelaai met emosie. Die lirieke is diep sonder om te dweep. Poëties, liries miskien selfs intelligent, noem dit wat jy wil. En of jy daarvan hou of nie, sy musiek het artistieke meriete. Dis iets wat die laaste paar jaar skaars geword het onder baie Afrikaanse sangers.

Die jaar waarvoor Jo al so lank werk, het aangebreek. Nou proe hy uiteindelik sukses as sanger. “Almal ken my as die ou wat by skole praat en ek is dankbaar om nou ’n positiewe boodskap deur musiek oor te dra. Vergeet van my baard en my vellies en my tatoes. Dit gaan oor stigmas, ek hou daarvan om vooroordele te vernietig. Mense onthou my as gevolg van hoe ek lyk, maar as ek my mond oopmaak en hulle hoor my hart, dan voel ek dat ek die doel bereik het.

Jo se vollengte-CD word vroeg volgende jaar bekend gestel. Hy is getroud met Debbie en hulle het twee kinders, Dinieke (7) en Miané (4). Die gesin woon in Pretoria.

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Lees nou

Verklap Rolene die geslag van haar baba?

3 trifles wat jou lewe gaan verander!

Celebs: SA se trotse pa’s deel babafoto’s

The post Wie is Jo Black? appeared first on SARIE.

Bekendes: “Dié jaar gaan dit anders wees”

$
0
0

Dit is kort voor Kersfees en vir dié drie gesinne gaan dit vanjaar anders wees. Elkeen van hulle is ʼn baba ryker.

In die huishouding van Zetske van Pletzen en Altus Theart is daar nou ʼn seuntjie, Alexander. Desiré en Chris Gardner het vir klein James ʼn sussie, Robin, gegee. Sorina Erasmus en Braam Riekert is ook ʼn tweede kind ryker. Klein Braambossie het nou ’n babasus, Miana, met wie hy in die toekoms lekker kan speel. Ongeag of dit nou ’n tuisbly-Kersfees of ’n seevakansie gaan wees, een ding is seker: Vir dié gesinne is dit familietyd.

SARIE.com het gaan hoor hoe hulle vanjaar Kersfees vier.

Zetske van Pletzen vertel:

Waar hou julle vanjaar Kersfees?
In Lambertsbaai aan die Weskus.

Hoekom?
Verlede jaar was ons by die huis vir Kersfees, maar vanjaar gaan ons saam met Altus se familie weg.

Vier julle dit tradisioneel, of wil julle iets meer modern doen?
Hoewel Alexander die eerste kleinkind is in my familie, is hy die vyfde een in Altus s’n. Met al die kinders daar gaan ons ’n tradisionele Kersfees hou.

Happiness is… #cuddle #baby #sleep #bestplaceintheworld #toomuchlove

A photo posted by Zetske van Pletzen (@zetskevpletzen) on

Dink jy dit is waar dat kinders juis die ‘magic’ in Kersfees bring?
Ek dink beslis kinders maak Kersfees baie spesiaal. Alle kinders hou van Kersfees en dis lekker vir die ouers om dit deur die kinders se oë te beleef. Dis ook ’n goeie geleentheid om kinders te leer van die belangrikheid van familie en om dankbaar te wees.

FOTO Of the Earth Photography

FOTO Of the Earth Photography

Wanneer deel julle geskenke uit, Oukersaand of Kersdag?
Oukersaand.

Wie speel Kersvader in jul gesin?
Niemand in hierdie stadium nie. My broer het reeds gesê hy sal Kersvader speel wanneer Alexander bietjie ouer is.

Wat gaan julle eet?
Vra my skoonma. Haha! Ek is nie dié jaar in beheer van die kos nie.

FOTO Of the Earth Photography

FOTO RDK Photography

Lees môre wat die Suidooster se Desiré Gardner en haar gesin vir Kersfees gaan doen.

Lees nou

Moenie strand toe gaan sonder hierdie wenke nie!

One Directioner se TV-debuut as solo-sanger!

The post Bekendes: “Dié jaar gaan dit anders wees” appeared first on SARIE.

Viewing all 95 articles
Browse latest View live