Quantcast
Channel: Fanie Cronjé – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 95

Ons is opgewonde oor Roelof Storm

$
0
0

Van sjefs tot akteurs, rugbyspelers tot skrywers, skaatsplankryers tot musikante – die mense van ons land en alles wat hulle doen, maak ons opgewonde oor 2017. Hier deel ons elke week die name van Suid-Afrikaners wat ons dié jaar dophou.

Akteur en rolprentvervaardiger Roelof Storm is ’n opwindende nuwe talent in die bedryf: iemand om dop te hou, maar wat ook reeds sy merk begin laat.

Roelof het die titelrol in die bekroonde rolprent Johnny is nie dood nie vertolk. Daarin is hy ’n ou wat obsessief is oor die musiek van die jare 80. Spesifiek dié van tragiese figure soos Johannes Kerkorrel en Kurt Cobain. Op die 2016 Silwerskermfees het die fliek feitlik elke liewe prys gewen wat te wen was. Ook die een vir Beste Speelfilm. Roelof was saam met Christiaan Olwagen asook Jaco Smit van die produksiehuis Human Capital Films ook die vervaardiger.

flieks

Roelof het hom ook al as talentvolle akteur bewys in onder meer Four Corners en Twee Grade van Moord (in laasgenoemde het hy Sandra Prinsloo en Marius Weyers se seun gespeel), maar sy vreugde lê tans eerder by vervaardiging as akteur-wees.

“Omdat ek my fokus geskuif het na vervaardiging, is ek baie kieskeurig oor die projekte wat ek as akteur aanpak. Iets soos Johnny het met my gepraat.

“Ek loop op wolke, dit is ʼn baie groot voorreg om elke dag te kan doen waarvoor jy lief is. My werk gee my soveel plesier, en ek doen dit elke dag. Ek werk baie hard ja, almal van ons doen. Maar dis ʼn groot voorreg om die werk te kan doen.”

Saam met Christiaan en Jaco het hy ook help skiet aan Kanaries, ʼn rolprent oor die Weermag-sanggroep van vroeër jare. Dis tans in naproduksie en sal waarskynlik einde September op die Silwerskermfees bekend gestel word.

Tans werk die span hard om Christiaan se treffer-toneelstuk Die seemeeu in ’n rolprent te verwerk. Hulle begin April skiet. Sandra Prinsloo, Rolanda Marais en Albert Pretorius is onder andere in die skitterende rolverdeling.

roelof

Een van die skermgrepe uit Johnny is nie dood nie. FOTO Verskaf

Buiten dat die span met uitstekende tekste werk is hul produksie ’n visuele fees. Hulle maak gebruik van ʼn baie unieke kamerategniek.

“Dis ʼn eenskoot-tegniek; dit gee die akteur die geleentheid om die hele toneel uit te speel. Jou performance moet perfek wees. Dis baie tegnies. Dis byna soos ʼn repetisie vir ʼn toneelstuk. As jy deur dit skiet, is dit soos ʼn dans. In Johnny is daar ʼn paar skote wat tot 15 minute lank was. Die elektriese energie op stel is ’n belewenis. Al die akteurs met wie ons werk, het teateragtergrond.”

Die werk wat Roelof saam met Christiaan en Jaco doen, is merkwaardig. En belangrik. Met ons plaaslike filmbedryf wat fokus op romantiese rolprente, maak hulle toeganklike kunsflieks in verskeie genres. “Ons wil kunsfilms op ʼn platform sit waar meer mense toegang daartoe het en om die standaard van flieks vir die gehoor te verbreed. Ons filmbedryf word groot. Ons is al ʼn tiener.”

Ons sien ook uit na hierdie Suid-Afrikaners se 2017:

Klara van Wyk

Gideon Lombard

De Klerk Oelofse

Regardt Scheepers

The post Ons is opgewonde oor Roelof Storm appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 95

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!