Quantcast
Channel: Fanie Cronjé – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 95

Baba no. 3 vir Jana Strydom

$
0
0

Jana Strydom se derde swangerskap is “’n skat uit die hemel”. Hoewel dit nie beplan is nie, noem sy dit “divine timing”.

“Ek het nie probeer swanger raak nie, maar dis ook nie asof ek op voorbehoeding was nie. Ek sien dit as ’n geskenk en nie ’n skok nie.”

Die aktrise is nou 16 weke swanger.

FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO Leana Clunies-Ross

Voor haar swangerskap het Jana ’n rol in die tweede reeks van Die Boekklub op kykNET losgeslaan, maar sy moes dit ongelukkig laat vaar toe sy uitvind sy is swanger.

“Alles gebeur soos dit moet. Ek was hartseer en teleurgesteld toe ek hoor ek moet die rol prysgee, maar ek glo dinge gebeur met ’n doel. Die laaste tyd het ek verskriklik hard gewerk, en deel van die verfilming van Erfsondes en Die Boekklub sou oorvleuel het. Ek sou baie min tyd saam met my gesin kon wees. Ek weet ek sal weer eendag saam met die vervaardigers van Die Boekklub werk.”

My precious… #family #love @jdbkruger07 #consciousparenting

A post shared by Jana Kruger (@janastrydom) on

Sy woon die laaste tyd baie gelukkig saam met haar man, Hannes Kruger, en hul twee kinders, Ohan (6) en Luka (4), in Simonstad, in ʼn huis wat ʼn uitkyk op die see. “Alles is oop en lig.” Die eiendom kyk uit oor Simonsbaai met sy vuurtoring.

“Dis asof ek my eie vuurtoring het, want saans flits daai vuurtoring sy lig in my kombuis.” Jana is tans besig om aan die laaste week se produksie van die gewilde SABC2-reeks Erfsondes se sesde seisoen te werk.

  Filming new season of #Erfsondes – coming to your screens September 2017   A post shared by Jana Kruger (@janastrydom) on

Behalwe Erfsondes speel sy ook in die toneelstuk Vrou uit die see, ’n aangrypende liefdesverhaal vol intrige. “Ek gaan met my klein boep KKNK toe.” Dit sal die laaste vertonings van dié suksesvolle produksie wees. “Miskien sal dit vorentoe nog in ʼn teater opgevoer word, maar ons is nie seker nie.”

* Erfsondes se sesde seisoen begin in September op SABC2

Lees nou

Nuusstories vir Maandag 3 April

Michael Jackson se dogter nou ook model

Reese Witherspoon kry ’n nuwe werk

The post Baba no. 3 vir Jana Strydom appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 95

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!