Quantcast
Channel: Fanie Cronjé – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 95

Pretty Woman: Kyk hoe lyk hulle nou!

$
0
0

Kan jy glo 27 jaar is al verby sedert Pretty Woman miljoene fliekgangers se hart gesteel en van die aktrise Julia Roberts ’n superster gemaak het?

Maar het jy geweet Pretty Woman, waarin ’n ryk sakeman en jong prostituut op mekaar verlief raak, is nie aanvanklik beplan as ’n goedvoel-prent met ’n gelukkige einde nie? Die fliek sou eers $3 000 heet – ’n verwysing na die fooi wat die sakeman Edward Lewis (Richard Gere) vir Vivian Ward (Julia Roberts) vir haar dienste as prostituut sou betaal. Aan die einde van die fliek sou hy haar uit die motor skop en met die geld gooi.

Gelukkig het Walt Disney Studios, wat die fliek vervaardig het, besluit die draaiboek moet oorgeskryf word en die titel is verander na Pretty Woman, ’n fliek waarvoor ons vandag nog net so lief is.

Hier’s die bekende halssnoer-toneel:

Die rol van Edward is eers vir Al Pacino aangebied, maar hy het dit van die hand gewys. Toe is Richard Gere genader, maar hy was onseker of hy wil die rol hê. Die regisseur, Garry Marshall, het Richard saam met die toe nog relatief onbekende Julia ontmoet om hom te probeer oortuig om die rol te aanvaar, maar dis eers toe Julia vir Richard ’n post-it gee met die woorde “Please say yes” dat hy ingestem het.

Kyk net hoe lyk die akteurs en aktrises van Pretty Woman nou:

Julia Roberts

Toe

Nou

Richard Gere

Toe

Nou

Laura San Giacomo 

Toe

Nou

Héctor Elizondo

Toe

Nou

Jason Alexander

Toe

Nou

Hier is nog ’n paar interessante feite oor Pretty Woman:

1. Julia Roberts was nie die eerste keuse vir die rol van Vivian nie. Die aktrise Molly Ringwald, bekend vir die 1980’s-rolprente Pretty in Pink en The Breakfast Club, is eers genader.

2. Dit is nie Julia se lyf wat jy op die fliekplakkaat sien nie, maar dié van haar dubbelganger Shelley Michelle. Julia se kop is tydens post-produksie op die plakkaat “oorgeplant”. Dis ook Shelley se lyf wat tydens die liefdestonele gewys is.

3. Richard Gere speel regtig klavier in die fliek.

4. Dis heel gepas dat Edward en Vivian die opera La traviata gaan kyk, want dit handel oor ’n Paryse courtesan wat op ’n ryk man verlief raak.

FOTO Instagram

FOTO Instagram

5. Pretty Woman is gegrond op die toneelstuk Pygmalion deur George Bernard Shaw wat al in 1913 geskryf is. Die fliek en musiekblyspel My Fair Lady is ook op dié toneelstuk gegrond.

6. Tydens die toneel waar Vivian in Edward se hotelkamer op die mat lê en na ’n snaakse TV-program kyk, het die regisseur haar voete gekielie om haar aansteeklike lag die beste vas te vang.

7. Die motorvervaardigers Porsche sowel as Ferrari wou nie hê hul motors moet in die fliek gebruik word nie vanweë die prostitusie-tema. Lotus Cars het ingestem dat een van hul motors gebruik word. Dié motor se verkope het binne ’n jaar verdriedubbel danksy Pretty Woman.

Lees nou

Bekendes spog met hul bloedjies

Nóg ’n treffer vir Kate Middleton!

Beyoncé deel pragtige tuisvideo’s

The post Pretty Woman: Kyk hoe lyk hulle nou! appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 95

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!