Was sy ’n goeie Mej. Wêreld? As dit gaan oor haar bes doen, oor real wees en van haarself gee, dan wás sy, sê Rolene Strauss. Nou, uit die kollig, kom haar studies eerste sodat sy kan begin werk vir vroue wat omgee nodig het.
Sy voel ná 2015 se jaar as Mej. Wêreld ouer en wyser as haar 25 jaar. Sy moes ’n paar moeilike lesse leer, besef dat nie alle probleme opgelos kan word en alle vrae antwoorde het nie. Rolene dink ’n oomblik na, kyk stil na die tafel voor haar. “Dit maak jou oë oop om te sien hoe mense elders leef, hoe anders en tog eenders ons is. Dat ons almal dieselfde nood het en eintlik net liefde en aanvaarding benodig – die dinge wat jou niks kos om te gee nie. Ja, al die geld wat jy as skoonheidskoningin insamel, is baie nodig, want kos en sekuriteit is belangrike behoeftes. Maar soms kan jy ’n groot verskil in iemand se lewe maak deur net na hulle te luister.”
Rolene maak in November haar mediese studie aan die Universiteit van Vrystaat in Bloemfontein klaar.
Die lieflike Rolene was die voorbladster van SARIE se Augustus 2016-uitgawe. Daar is géén twyfel dat sy fotogenies is nie. Die kamera raak verlief op haar. En ook die hele SARIE-span.
Om foto’s vir dié uitgawe te kies was werklik moeilik, want almal was mooi.
Hoekom die tema van Frida Kahlo? Dit was die Olimpiese Spele in Suid-Amerika. En Rolene het as Mej. Wêreld al Meksiko besoek. Ons het toe besluit nes die bekende Meksikaanse Frida is Rolene ’n sterk vrou.
Hier’s die foto’s wat jy nog nooit gesien het nie:

FOTO Marijke Willems

FOTO Marijke Willems

FOTO Marijke Willems

FOTO Marijke Willems

FOTO Marijke Willems

FOTO Marijke Willems
The post FOTO’S: Rolene soos nog nooit gesien appeared first on SARIE.