Die aktrise Lika Berning en haar man, Clyde, woon dolgelukkig in die Kaap saam met hul twee seuntjies, Hugo en Jessi, en babadogter, Anneke. Tussendeur ma-wees het Lika ook ’n loopbaan: Nie net voor die skerms as aktrise nie, maar ook as vervaardiger. “Ek vervaardig tans ’n fliek vir Mzansi Magic (DStv-kanaal 161) wat in die Tuinroete opgeneem word. Dis ’n rags to riches-storie met sokker as tema.”
Om Vrouedag te vier deel ons ’n paar van Lika se gunstelinge.
Winkel
Wellness Warehouse.
Restaurant
Die Four & Twenty Café & Pantry in Wynberg. Dis om die draai van my huis.
Koffiewinkel
Bootlegger Coffee Company.
Vakansie
Aan die Oos-Kaapse Wildekus!
TV-reeks
Die Boekklub op kykNET, want my ma (Jana Cilliers) speel so amazing daarin.
Sport
Tennis, nee swem … is musiek ’n sport?

FOTO Leana Clunies-Ross
Mode-ontwerper
Ek is mal oor jong Suid-Afrikaanse ontwerpers, maar kry deesdae skaars tyd om te shop. Die Mr & Mrs-winkel in Kaapstad het beautiful goed. Ek wil my hele huis daarmee volmaak!
Skoene
Ek is mal oor Rare Earth se stewels.
Parfuum
Ek wens ek kon Shalimar van Guerlain bekostig, maar essensiële vanielje-olie of iets van The Body Shop werk vir nou.
Grimering
Ag wat, ek gebruik ’n gewone Woolies-onderlaag en soms maskara. Ek gaan vir die “au naturel”-voorkoms, of eerder “geen-tyd-vir-make-up” is tans my werklikheid.

FOTO Leana Clunies-Ross
Kos om te maak
Thaise kos – enigiets vars en crunchy.
Naam
Madelaine. Dis Anneke se tweede naam.
Dier
Njala. Dis die mees beautiful, skaam bok.
Wat is die mooiste plek wat jy al gesien het?
Die Baja-kuslyn in Mexiko is ontsettend mooi. Dit is ’n dor, droë wêreld van klip en kaktus wat langs ’n turkooisblou see vol lewe lê. Dis ’n ongelooflike kontras.
The post Lika Berning: Oor gunstelinge en hartsdinge appeared first on SARIE.