Quantcast
Channel: Fanie Cronjé – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 95

Ontmoet 7de Laan se Reandi Grey

$
0
0

Dit het die 7de Laan-kykers nie lank geneem om aanklank te vind by die nuwe karakter, Esti Fouché nie. Die blonde krulkop, gespeel deur nuweling Reandi Grey, is weird en wacky en gryp die lewe ten volle aan. Dit was Esti se soektog na werk wat haar in die Laan laat beland het. En soos ons 7de Laan ken, gaan sy nog vir baie vermaak en opwinding sorg. Ons het gaan uitvind wie die mooi sepie-ster agter Esti is.

Waar het jy grootgeword, skoolgegaan en studeer?

Ek het in Pretoria grootgeword en aan die Hoërskool Waterkloof gematrikuleer. Ek het my honneursgraad in grafiese ontwerp en ontwikkelingskommunikasie by die Noordwes-Universiteit op Potchefstroom verwerf.

Wie is jou ouers en hoeveel kinders is julle?

My pa, Wouter Schutte, is ’n bourekenaar en my ma, Elza Schutte, is ’n proefleser. My sussie is vier jaar ouer as ek en ’n fisioterapeut.

En jy is getroud?

Ja, my man is Dewald Grey. Hy is ’n orthosis en prostetikus by Mediclinic Morningside .

Hoe het jy die rol in 7de Laan losgeslaan?

Jare en jare se gebedel! Ek het vreeslik gesukkel om ’n agent te kry omdat ek nie drama studeer het nie en nie eintlik ervaring gehad het nie. Lisa Modisane is my ridder op ’n wit perd, want sy het my deelgemaak van die Legends-agentskap (Lisa is mede-hoof van dié agenstskap vir akteurs en kunstenaars). Ek het deur hulle die oudisie vir 7de Laan gekry.

Was dit ’n droom van jou om in 7de Laan te speel?

Ek het grootgeword met 7de Laan. Ons het dit vir niks gemis nie. Om nou deel van die sepie te wees het al my verwagtinge oortref. Ek leer ongelooflik baie by van die beste akteurs in die bedryf. Dis ’n absolute seëning om elke dag deel van so ’n span te wees.

FOTO Because Life Photography

Hoe was jou eerste dag op stel?

Ek was goed voorbereid, maar toe die groot oomblik aanbreek dat ek op stel moes stap, het die spanning behoorlik ingeskop! Ek het sommer duiselig gevoel en my woorde was skielik onbekend. Maar ná my eerste lyn was die spanning ligter en toe skop die opgewondenheid weer in. Die eerste dag was wonderlik totdat ek my tweede toneel misgeloop het. Ek was ’n bietjie deurmekaar oor hoe die call sheet werk. Ek was onder die indruk dat ek daardie dag net een toneel moes opneem. Ek het toe heel tevrede huis toe gegaan, opgewonde vir die volgende dag. Ek het later ’n oproep gekry wat sê almal wag vir my op stel. Ek is toe lankal rustig by die huis in Pretoria. My siel word steeds uitgetrek omdat ek op my eerste dag ‘gebunk’ het.

Ken jy altyd al jou woorde?

Ek berei goed voor en maak seker ek ken my woorde. Maar spanning bly maar ’n faktor en dit lol soms met die woorde in my kop.

Watter 7de Laan karakter is jou gunsteling van alle tye?

Paula van der Lecq (Diaan Lawrenson) was nog altyd die karakter wat uitgestaan het. Diaan is ’n fenomenale aktrise en het Paula altyd op so ’n manier vertolk dat mens met haar kon identifiseer.

Wie was die lekkerste om te ontmoet?

Dit was ’n fees om almal te ontmoet en te leer ken. Dis ’n lieflike groep akteurs om jou dag mee saam deur te bring.

 

 

The post Ontmoet 7de Laan se Reandi Grey appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 95

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!