Quantcast
Channel: Fanie Cronjé – SARIE
Viewing all 95 articles
Browse latest View live

Bekendes sonder ‘matriek’

$
0
0

Akteurs Ryan Gosling en Emma Stone het gehore vroeër vanjaar betower in die fliek La La Land. Hulle is albei bekroon vir hul rolle in dié musiekblyspel – Ryan met die Golden Globe-toekenning as beste akteur en Emma met ’n Golden Globe-, Screen Actors Guild- én Oscar-toekenning as beste aktrise. Maar Ryan en Emma het nie net talent vir toneelspeel in gemeen nie; nie een van hulle het ooit skool klaargemaak nie!

Emma het aan die internasionale tydskrif Vanity Fair  vertel dat sy skool verlaat en Los Angeles toe getrek het om ’n loopbaan as aktrise na te jaag. En om aan die lewe te bly, het sy deeltyds by ’n hondebakkery gewerk.
Ryan het vir dieselfde rede skool opgeskop en is vandag een van Hollywood se bekendste akteurs.

Hier is nog akteurs sonder ’n hoërskoolsertifikaat:

1. Wie sal ooit daardie toneel in die ikoniese fliek Ghost vergeet waar aktrise Demi Moore by die pottebakkerswiel sit met medester Patrick Swayze agter haar, besig om saam ’n kleipot te vorm – een van die vele suksesvolle rolprente waarin Demi gespeel het. Demi het in 1996 die nuusblaaie gehaal as die hoogsbetaalde aktrise in rolprentgeskiedenis toe sy ’n betaaltjek van R172 miljoen ($12.5 miljoen) gekry het vir haar rol in die fliek Striptease.

2. Akteur Mark Wahlberg, bekend vir sy rolle in The Departed en The Fighter, het eers op 42 sy hoërskoolsertifikaat gekry.

3. Pleks van voor die boeke sit, het akteur Tom Cruise hoërskool vaarwel geroep en New York toe getrek om toneel te gaan speel.

4. Akteur Johnny Depp wou aanvanklik ’n rock-musikant word en het besluit om nie tot ná sy skoolloopbaan te wag om dié droom na te jaag nie.

5. En kan jy glo entrepreneur Walt het sonder ’n hoërskoolsertifikaat een van Hollywood se mees suksesvolle vervaardigers en sakemanne geword.

 

Bykomende bron:

http://www.businessinsider.com/celebrity-high-school-dropouts-2014-1#johnny-depp-had-rock-musician-dreams-when-he-quit-high-school-20

 

 

The post Bekendes sonder ‘matriek’ appeared first on SARIE.


Franja: “Ek’s my eie mens”

$
0
0

“Ek is in verwondering,” sê Franja du Plessis nadat sy Sondagaand twee Ghoema-musiektoekennings gekry het: vir vroulike kunstenaar van die jaar én vir beste nuweling van die jaar. Haar debuutalbum, My verhaal, wat middel verlede jaar uitgereik is, het reeds goue status bereik, wat beteken meer as 15 000 daarvan is verkoop, en die verkope hou net aan met klim.

Op 23 het haar musiekloopbaan nog skaars begin, al het sy voorheen saam met haar ouer broer, Ruan, ook ’n sanger, en ma, die bekende Juanita du Plessis, opgetree. Sy het ook in 2013 ’n klein rol in die Bobby van Jaarsveld-musiekfliek As jy sing gespeel (en natuurlik ook gesing).

“Ek weet nie presies wanneer ek besluit het om ’n sangeres te word nie. Hoewel ons met musiek in ons huis grootgeword het, wou my ma vreeslik graag hê ons moet ons eie drome uitleef. Ek wou op ’n tyd ’n onderwyseres word omdat ek lief is vir kinders,” vertel Franja.

Franja en haar ma, Juanita du Plessis, in SARIE se Oktober 2013-uitgawe. FOTO  Leana Clunies-Ross

Franja en haar ma, Juanita du Plessis, in SARIE se Oktober 2013-uitgawe.
FOTO Leana Clunies-Ross

Die Du Plessis-gesin is baie heg en ondersteun mekaar. Mario, Franja se tweelingbroer, boer op hul plaas in die Thabazimbi-omgewing. Juanita se broer, Pieter, is ook ’n sanger en almal van hulle werk onder Juanita Records, Juanita se platemaatskappy.

Franja woon nog by haar ouers in die huis. Sy is verloof aan haar hoërskoolliefde, die 25-jarige Willie Engelbrecht, wat vir die Pumas rugby speel.

FOTO Leana Clunies-Ross

FOTO Leana Clunies-Ross

As een van die land se grootste Afrikaanse musieksterre het Juanita uiteraard ’n impak op Franja se lewe gehad.

“Sy is my rolmodel,” vertel Franja. “Ek hou van hoe sy teenoor mense optree. Dis vir my mooi. Ons is ook baie dieselfde – in baie opsigte is dit scary.”

Maar dit beteken nie Franja leef in haar ma se skadu nie en Afrikaanse musiekliefhebbers neem al hoe meer kennis van haar.

Franja en haar ma, Juanita du Plessis, in SARIE se Oktober 2013-uitgawe. FOTO Leana Clunies-Ross

Franja en Juanita, ook in die Oktober 2013-uitgawe.
FOTO Leana Clunies-Ross

“Ek gaan nou toer met my album. Om uiteindelik op my eie op ’n gróót verhoog op te tree, dís my droom. Ek het al by [die musiekkonsert] Afrikaans is Groot saam met my ma opgetree, maar nog nie op my eie nie. Ek wil my eie identiteit en styl hê en my eie lewe leef.”

Lees nou

John Legend haal TIME se 100-lys

Lauren Hutton skitter op 73 vir Calvin Klein

Maak kinders gelukkiger groot

The post Franja: “Ek’s my eie mens” appeared first on SARIE.

Mari-Louis verstaan die Kokkedoortjies

$
0
0

Skuif môreaand reg voor die kassie, want die vierde episode van kykNET se gewilde Kokkedoortjie, waar jong kokke met mekaar meeding, word uitgesaai. Die twee aanbieders en beoordelaars, die sjefs Nic van Wyk en Mari-Louis Guy, deel hul uitgebreide kook- en bakkennis, ja, maar dit is veral die sensitiewe manier waarop hulle die kinders hanteer wat die program uitstekende kykstof maak.

Mari-Louis, ook ’n gesoute kosstilis en bakmeester met ’n rits resepteboeke agter haar naam, is self ’n ma van drie. Sy verstaan kinders. Watter invloed dink sy het so ’n kompetisie op ’n kind?

“Ek dink sosiale media het ’n baie groot impak op kinders. Hulle is meer selfgesentreerd as wat ons was toe ons kinders was. Daar’s baie meer druk op hulle. Hulle weet van vroeg af hulle moet alles gee en die beste wees om te oorleef.”

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Om ’n volwassene se droom aan skerwe te sien spat is een ding. Dit moet soveel erger vir ’n kind wees?

“Ek dink die deelnemer wat vir my die moeilikste was om te sien gaan, was Ian [Grobler, 13, die eerste deelnemer wat uitgestem is]. Ek het sy ma se hart sien bloei. Die kinders hanteer dit beter as wat die ouers dit hanteer. Met die program het ons vir die kinders ’n wêreld gewys wat hul lewe verander het, baie soos ’n volwassene wat die eerste keer oorsee gaan.

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

“Met die Kokkedoor-reeks waar volwassenes deelneem, was dit vir baie van hulle hul laaste kans. Die kinders in Kokkedoortjie sien dit meer as ’n wegspringblok. Hulle vra hulself af: Hou ek hiervan? Gaan ek ’n lewe hieruit kan maak? Is dit wat ek gedink het dit gaan wees?”

Screen Shot 2017-04-06 at 1.31.23 PM

En dan besef jy, om een van die top 10-deelnemers van so ’n kompetisie te wees, is reeds iets besonders, ’n ervaring wat geld nie kan koop nie.

Mari-Louis het die afgelope paar jaar vyf kookboeke saam met haar broer, Callie Maritz, die lig laat sien en lewer kosinhoud vir onder meer advertensieveldtogte. Jy sou dink sy kan nie veel meer leer as dit by kosmaak kom nie. En sowaar leer sy toe nuwe kooktruuks by die kokkedoortjies.

“Ek gebruik die omslagtige lang pad om kos te maak. Toe leer ek die eenminuut-mayonnaiseresep by hulle. Ek dink dit is juis SARIE se resep.”

Klik hier vir Herman se eenminuut-mayonnaise.

The post Mari-Louis verstaan die Kokkedoortjies appeared first on SARIE.

Armand Aucamp sien kans vir ’n Moulin Rouge-fliek

$
0
0

Die nuwe Afrikaanse fliek Krotoa, wat in Augustus hier uitgereik word, werp lig op die tyd toe Jan van Riebeeck in die Kaap aangekom het. Die fliek handel oor ’n Khoi-prinses, ene Krotoa (Crystal-Donna Roberts), wat as 11-jarige deur haar familie weggestuur word om vir die goewerneur te kom werk. Sy word later ’n tolk tussen Van Riebeek en haar mense. Die fliek het reeds internasionale rolprentpryse gewen.

Armand Aucamp speel die rol van Van Riebeeck. Hy vertel: “Omdat Van Riebeeck ’n geskiedkundige figuur is, het ek aanvanklik baie navorsing oor hom probeer doen. Ek wou alles van hom lees wat ek in die hande kon kry. Daar is nie veel nie, wel ’n dagboek wat hy gehou het wat baie formeel en styf geskryf is.

‘KROTOA’ releases 4 August 2017 nationwide. #Krotoa #EvaVanMeerhof #JanVanRiebeeck #biopic #SAFilm

A post shared by Armand Aucamp (@armandaucamp) on

“Ek het ook in ’n tweedehandsboekwinkel in Kaapstad afgekom op ’n boek wat C. Louis Leipoldt oor hom geskryf het, en kon toe meer van ’n idee kry van wie en wat hy was. Maar ek besef toe ons skiet nie ’n dokumentêr nie, maar ’n rolprent. Dis ’n romantisering van sy lewe. Só kon ek meer van my eie insette na die karakter bring.”

Armand, wat self lief is vir reis, meen dis sy avontuurlus wat hy in gemeen het met die karakter. “Van Riebeeck het ’n soort wanderlust gehad.”

Vir Armand, bekend vir sy rolle in die fliek Ballade vir ’n enkeling en die kykNET-reeks Die Boekklub, was sy rol in Krotoa ’n droom wat waar geword het, want hy het die geleentheid gekry om ’n nie-fiktiewe karakter te speel.

“Ek sal graag ook nog in ’n oordadige musiekfliek soos Moulin Rouge wil speel waar die toneelspel nie so subtiel hoef te wees nie. Ek kan sing. Ek weet nie hoe goed ek kan sing nie, maar ek hou van sing.”

Here we go! Day 1 #Boekklub @kyknettv

A post shared by Armand Aucamp (@armandaucamp) on

En hoe voel dit om jouself op ’n groot rolprentskerm te sien?

“Dis ongelooflik intimiderend. Dit laat my ongemaklik voel. Ek hou nie baie daarvan nie. Maar dis ’n goeie leerskool, want jy sien dan hoe subtiel jy moet toneelspeel. Dis moeilik om nie te krities te wees oor hoe jy lyk nie, maar as ek gaan worry oor hoe ek lyk, gaan dit my belemmer wanneer ek weer toneelspeel.”

Armand skiet tans aan die tweede reeks van Die Boekklub en daarna werk hy aan ’n nuwe dramareeks, Knapse kêrels.

Krotoa
word op 4 Augustus uitgereik.

The post Armand Aucamp sien kans vir ’n Moulin Rouge-fliek appeared first on SARIE.

Johnny Clegg groet op hoë noot

$
0
0

Ná ’n loopbaan van byna 40 jaar maak die legendariese sanger, liedjieskrywer en gumboot-danser Johnny Clegg een van die dae sy finale buiging op die verhoog. Hy het aangekondig sy heel laaste konserttoer begin met optredes in Kaapstad, Johannesburg en Durban voordat hy dit later vanjaar in Londen en Doebai afsluit.

Don’t miss the opportunity to see Johnny Clegg on his final tour! 💔🎶

A post shared by RealConcerts (@realconcerts) on

Hier is 5 dinge wat jy dalk nie van Johnny Clegg geweet het nie:

1. Hy is in Engeland gebore. Sy pa was ’n Brit en sy ma van Zimbabwe (destyds Rhodesië). Hy het sy eerste jare as kind in ons buurland deurgebring. Sy ouers is later geskei en sy ma het daarna met ’n Suid-Afrikaanse joernalis getrou. Hulle het SA toe verhuis toe Johnny sewe jaar oud was.

2. Hy het sosiale antropologie aan Wits studeer en was ’n tyd lank ’n antropologie-dosent aan dieselfde universiteit.

3. Sy bekende liedjie “Scatterlings of Africa” was in 1988 deel van die fliek Rain Man se klankbaan. Tom Cruise en Dustin Hoffman het die hoofrolle in dié Oscar-bekroonde fliek gespeel.

4. Die Franse regering het in 1991 die nasionale orde van kuns en die lettere aan Johnny toegeken. Dit word toegeken aan mense wat die kunste in veral Frankryk bevorder. Hy het ’n groot aanhang in hierdie land en aanhangers verwys na hom as Le Zulu Blanc (die wit Zoeloe). Michael Jackson moes glo in 1988 sy konsert in Frankryk uitskuif omdat massas mense eerder Johnny se konsert op dieselfde dag wou bywoon, volgens die boek Beyond Memory: Recording the History, Moments and Memories of South African Music.

5. In 2015 is hy met die orde van die Britse Ryk (OBE) vereer as erkenning vir sy bydrae tot die kunste en die demokrasie in Suid-Afrika. In dieselfde jaar is hy met kanker gediagnoseer. Hy is tans in remissie.

Bykomende bronne:

www.johnnyclegg.com/

www.wits.ac.za

ewn.co.za/2017/04/25/johnny-clegg-announces-his-final-tour

The post Johnny Clegg groet op hoë noot appeared first on SARIE.

Fanie se 10 gunstelinge-voorblaaie

$
0
0

SARIE se styl- en sosiale redakteur, Fanie Cronjé, het sy tien gunstelinge onder die SARIE-voorblaaie van die afgelope dekade gekies.

Sal jy Fanie se 11de gunsteling-voorblad wees? Skryf in vir SARIE Voorbladgesig. Klik hier om in te skryf, of klik hier om iemand te benoem.

Hier’s Fanie se keuse

1. Diaan Lawrenson en Olivia Rose (Oktober 2010)

011010COVERPOSTERnew

Fanie se rede: Een van die bekendste en geliefdste aktrises van haar tyd! Diaan wys haar dogtertjie, Olivia Rose, en ’n liefdesverhouding tussen ons en hulle word verseël.

2. Rolanda Marais (Julie 2009)

010709SRHOFC_OBC

Fanie se rede: SARIE word 60 en Rolanda was een van die verjaardagvoorblaaie. So asemrowend mooi is haar skoonheid, dit is tydloos en ouderdomloos. Sy is Afrikaans en lyk internasionaal, universeel. Talentvol. Alles wat SARIE is!

3. Nadia Valvekens (Mei 2013)

MEI 2013

Fanie se rede: Nadia se onkonvensionele skoonheid is duidelik op die voorblad. Die skaduwee, posisie van haar lyf en kop, en die treffende pers maak dié voorblad ʼn treffer.

4. Anna-Mart van der Merwe (Desember 2012)

Screen Shot 2016-04-14 at 12.01.11 PM

Fanie se rede: Ek is versot op alles van die foto. Dit lyk soos ʼn skildery deur ’n ou meester soos Rembrandt of Vermeer. Anna-Mart se skoonheid kry ʼn nuwe betekenis.

5. Elma Postma (Junie 2009)

SARIE JUNIE 2009 Cover

Fanie se rede: Die kraag van die top wat opwaarts wys en die hare wat kantel, gee die foto subtiele trefkrag. Die kleur komplementeer Elma ook goed. Dezi was supergewild en 7de Laan is deel van ons kultuur.

6. Michelle Botes (Januarie 2008)

sr010108 voorblad

Fanie se rede: Van die harde TV-karakter wat sy destyds gespeel het in die sepie Isidingo, tot die sagte en sensuele aktrise op dié voorblad. Die foto maak Michelle toeganklik en wys haar warm menslikheid.

7. Diaan Lawrenson en Olivia Rose (Februarie 2017)

Fanie se rede: Diaan word mooier en beter met elke jaar. Haar en Olivia Rose se mees onlangse SARIE is ’n bewys dit. Ek dink dis dalk my gunsteling voorblad nog.

8. Rolanda Marais (Mei 2012)

 Fanie se rede: Rolanda is een van die mooiste vroue in die land. Sy is ʼn ware kunstenaar en haar talent as aktrise het klaarblyklik geen perke. Sy is goedversorg en pas haarself mooi op.  Ek glo dis haar wonderlike geaardheid wat haar onweerstaanbaar maak.

9. Karlien van Jaarsveld (Februarie 2012)

SARIE February 2012 Cover

Fanie se rede: ’n Jong Karlien, haar eerste voorblad. ’n Ster is gebore. Ek hou veral van haar sagte en vars voorkoms. En die kleure wat gebruik is, maak die voorblad.

10. Alrie Vellemans (November 2011)

SARIE HoofBoekNov2011 Cover

Fanie se rede: Ek het ʼn spesiale plek vir die Voorbladwenners se voorblaaie. Ek wil Alrie uitsonder, omdat dit die begin was. Die eerste voorblad van ʼn wonderlike projek. En dit het afgeskop op ʼn baie hoë standaard.

SARIE Voorbladgesig

Jy kan op Fanie se 11de gunsteling-voorblad wees! Ons wag vir jou inskrywing. Ons soek ’n glimlag, oë en hare wat sê “Kyk na my!”. Jy skryf in in een van twee kategorieë, 18 – 30 jaar (matriek voltooi) en 31 en ouer. Twee wenners; net een sal pryk op SARIE se Oktober-voorblad.

Skryf of benoem iemand hier.

Lees ook

SARIE Voorbladgesig – Só werk die wedstryd

Só het SARIE Voorbladgesig hul lewens verander – DEEL 1

Só het SARIE Voorbladgesig hul lewens verander – DEEL 2

The post Fanie se 10 gunstelinge-voorblaaie appeared first on SARIE.

Brad Pitt praat oor emosionele egskeiding

$
0
0

Die Hollywood-ster Brad Pitt het sy hart in ’n emosionele onderhoud in die nuutste uitgawe van die Amerikaanse tydskrif GQ Style oopgemaak. Dis sy eerste onderhoud sedert Angelina Jolie hom in September verlede jaar vir ’n egskeiding gedagvaar het.

Sedertdien was daar skinderstories oor Brad, onder meer oor ’n buite-egtelike verhouding met die Franse aktrise Marion Cotillard, sy medester in die fliek Allied, wat verlede jaar uitgereik is. Die FBI het ook ’n klagte van kindermishandeling teen Brad ondersoek, maar dit laat vaar.

Brad se rou en eerlike onderhoud en gepaardgaande foto’s breek jou hart. Maar dit inspireer ook. En laat jou dink en voel.

Die joernalis Michael Paterniti het die onderhoud met Brad in sy huis in Los Angeles gevoer en beskryf hom as “alleen, ’n 53-jarige pa en voormalige eggenoot in die middel van ’n lewe wat ontrafel het, in die proses om dit te probeer heelmaak.”

Brad erken in die onderhoud dat hy pas met terapie begin het. “Ek is mal daaroor, mal daaroor. Ek het deur twee sielkundiges gegaan om by die regte een uit te kom.”

Hier is van Brad se hartroerendste aanhalings:

Oor die tydperk sedert September:
“Vir my gaan hierdie tydperk daaroor om na my swakhede en mislukkings te kyk en eienaarskap van my aandeel daarin te neem.”

Oor die katalisator vir verandering:
“Ek onthou oomblikke langs die pad waar ek geheel en al moeg was vir myself. Maar hierdie keer was dit [daardie gevoel] groot. Hierdie oomblikke was nog altyd ’n reuse katalisator vir verandering. En ek is dankbaar daarvoor.”

Oor sy dwelm- en drankgebruik:
“Ek kan nie aan een dag sedert universiteit dink wat ek nie gedrink het of ’n zol gerook het nie. Ek het van my gevoelens af weggehardloop. Ek het met dit alles gestop toe ek met ’n gesin begin het, behalwe om te drink. Maar die laaste jaar, jy weet – daar was dinge wat ek nie gekonfronteer het nie. Ek het te veel gedrink. Dit het net ’n probleem geword.”

Lees die volle onderhoud hier.

The post Brad Pitt praat oor emosionele egskeiding appeared first on SARIE.

Waar in die wêreld is Konings se Suanne Braun?

$
0
0

Onthou jy nog die wonderlike TV-reeks Konings uit die vroeë 90’s? En die mooi rooikop-karakter Petro (Vlam) Richter? Dan wonder jy miskien wat geword het van Suanne Braun, die aktrise wat bekend geword het danksy daardie rol. Suanne was destyds ook ’n aanbieder op M-Net en het ’n tyd lank die Mej. SA-kompetisie aangebied. En natuurlik was sy ook al op SARIE se voorblad.

Suanne Braun op SARIE se voorblad in 1999.

Suanne het onlangs in SA kom kuier en SARIE het gaan hoor hoe dit met haar gaan. Sy is nog net so mooi soos altyd en kan boonop nog Afrikaans praat. Toe ek haar ’n pluimpie gee vir haar rol in Konings, was haar reaksie: “Dankie vir die kompliment. Dis verbasend hoeveel mense nog Konings en veral Vlam onthou. Dit was definitief ’n hoogtepunt vir my.” En kan jy glo, Suanne het dit sedertdien reggekry om in Londen se bekende teaterdistrik West End as aktrise werk te kry.

FOTO Verskaf

Waar is jy op hierdie presiese oomblik?
Ek sit op ’n bed in my ouers se huis in die Kaap en beantwoord jou vrae. Ek is met vakansie en besoek my familie, vriende en die beeldskone Suid-Afrika.

Waar woon jy tans, en hoe lank al?
Ek woon al die afgelope 15 jaar in Londen. Ek is absoluut mal oor die lewe daar en voel baie gelukkig en dankbaar om in so ’n wonderlike stad te kan woon. Londen is ook baie goed vir my loopbaan.

Hoekom?
Ek het in 2002 van Los Angeles Londen toe getrek toe ek en my man, Christopher Garner, getroud is (hy het in Londen gewoon). Ons het ’n wonderlike sprokiesverhouding en ná 15 jaar saam met hom voel ek steeds dat ek met my prins op ’n wit perd geëindig het. Hy is Rex Garner (die legendariese Suid-Afrikaanse akteur) se seun. So gelukkig verstaan Christopher die teaterwêreld en die lewe van ’n aktrise.

Nog altyd pragtig!
FOTO Verskaf

Suanne deel handtekeninge uit in Atlanta.
FOTO Verskaf

Hoekom is jy weg uit SA?
Ek het ’n kontrak by ’n groot akteursagentskap in Los Angeles gekry. Toe ek dié geleentheid kry, het ek besluit om dit aan te gryp.

Was dit maklik om daar te gaan werk en woon?
Dit was nie maklik nie. Ek het halfpad om die wêreld verhuis. Stoksielalleen. Ek is egter baie bly ek het dit gedoen. Ek was 24 jaar oud en in baie opsigte naïef. Vandag kan ek terugkyk en sien hoe baie ek as mens en aktrise gegroei het.

Wat mis jy die meeste van SA?
My familie. Ek is ook lief vir die reuk van Afrika en die hadedas. Wanneer ek SA toe kom, waardeer ek altyd die soet Afrika-reuk in die lug, die kleure van Tafelberg en die hadedas wat daardie huilgeluide maak as hulle oor my ouers se huis vlieg. Dis gelukkig makliker om vanaf Londen na SA te reis as vanaf Los Angeles.

Suanne en Christopher op hul troudag.
FOTO Verskaf

Suanne (middel) was deel van die West End-produksie van Mamma Mia!.
FOTO Verskaf

Hoe is Hollywood?
Dis ’n vreemde plek. Ek het fantastiese tye daar gehad, en ook aaklige tye. Ek het veral gesukkel met hul gebrek aan belangstelling in enigiets anders as toneelspeel. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek is baie lief vir toneel en vir flieks. Ek is dan vandag steeds ’n aktrise. Maar daar is weinig belangstelling in enigiets anders as loketsukses. Ek het dit beperkend en vervelig gevind. Maar ek het ongelooflike vriende gemaak en fantastiese werk gedoen tydens my agt jaar daar. Ek het ook ontdek ek kan mense laat lag en so geleer optree as komediant.

Wat was jou loopbaan-hoogtepunte?
Sover, om een van die hoofrolle (Tanya Chesham-Leigh) in die West End-produksie Mamma Mia! te speel. Ek het ook in Cabaret en in Onassis gespeel, laasgenoemde in die rol van Maria Callas. En om die Funny Bones-toekenning vir beste nuwe komediant te wen.

Wat beteken roem vir jou?
“Fame doesn’t fulfill you. It warms you a bit, but that warmth is temporary.” – Marilyn Monroe.

Suanne het haar eie Twitter-blad: Klik hier.

The post Waar in die wêreld is Konings se Suanne Braun? appeared first on SARIE.


Binnelanders se Pascal kuier saam met Roger Federer se ma

$
0
0

Die pragtige Pascal Pienaar speel al die afgelope vier jaar die rol van die parmantige verpleegster Karli du Preez in die kykNET-sepie Binnelanders. Van kleins af het die reisgogga haar gebyt.  En wanneer sy kans kry, reis sy die wêreld plat – sonder om twee keer te dink. Sy was onlangs vir 10 dae in Switserland om by familie en familievriende te gaan kuier. Een van die familievriende, saam met wie sy gekuier het, is die tennis-kampioen Roger Federer se ma, Lynette.

Pascal sê haar ouers is al vir jare al vriende met die Federer-gesin. En sy ken vir Roger goed.

FOTO Verskaf

Die 10 dae in Switserland was vir Pascal ’n heerlike wegbreek.

“Ek het die laaste paar dae op my eie in ’n plekkie net buite Zürich gebly. Dit was in ’n woud. Ek was mal daaroor.”

Mooie Pascal in Zürich, Switserland.

FOTO Verskaf

Om te reis fassineer haar al van kleintyd af. “My ouers het gereeld oorsee getoer toe ek ’n kind was. Dan het ek en my sussie altyd vliegtuig-vliegtuig gespeel of opgedress en ons verbeel ons is Parysenaars.

“Op hoërskool het ek vir die eerste keer oorsee gereis. Ek was gelukkig om in ’n skool te wees waar ek die geleentheid gekry het om te reis. Ek het koor gesing, en saam met die koor oorsee gegaan en baie vriende gemaak.”

Haar gunsteling-stede is Rome en Milaan in Italië. Dis vir haar moeilik om tussen die twee te kies. “Ek kies Milaan oor die mode en kultuur en Rome oor die geskiedenis. Dit gaan my verstand te bowe dat jy verby ’n standbeeld kan stap wat ouer as Christus is. Die Italianers eet ook lekker en is passievol.”

Volgende op haar reislys? Die Portugese kuslyn en Marokko saam met ’n vriendin.

Hier’s nog foto’s van haar vakansie in Switserland:

Tussen die koeie in Appenzellerland, Switserland.

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Aan die begin van haar loopbaan was dit nie so maklik om werk as aktrise te kry nie, sê Pascal.

“Ek’t vir twee jaar ná my studies glad nie as aktrise gewerk nie. Ek kon nie ’n agent kry nie, want ek het my hare in my finale jaar afgeskeer vir ’n toneelproduksie.”

Nadat Pascal haar honneursgraad in drama aan die Universiteit Stellenbosch voltooi het, het sy haar tasse gepak en ’n draaiboekskryf-kursus by die New York Film Academy in Amerika gaan doen.

“Dit was tough. Ek was alleen. Ek het niemand geken nie en ook nie geld gehad nie. Die ervaring was humbling, maar so goed vir my.”

Terug in SA het sy eers ’n oudisie vir die rol van suster Naomi Ferreira (Je-ani Swiegelaar) gedoen, maar dit nie gekry nie. Kort daarna was die rol van Karli, Jana du Preez (Brümilda van Rensburg) se dogter, hare.

Pascal as die karakter Karli in die kykNET-sepie Binnelanders
FOTO Binnelanders / Facebook

The post Binnelanders se Pascal kuier saam met Roger Federer se ma appeared first on SARIE.

Jo Black oor sy sukses

$
0
0

Verlede jaar het Jo Black die land se nuwe sangsensasie geword. Nou verkoop sy debut-album Skepe soos soetkoek. Maar sê Jo die sukses is steeds oorweldigend.

Jo se musiekvideo vir sy liedjie “Skepe” het verlede jaar as nommer een op iTunes in Suid-Afrika geëindig. Dis al meer as 1 miljoen keer op YouTube gekyk.

Vir Jo voel als nog onwerklik.

“Dis nog soms oorweldigend. Ek word nog elke keer onkant gevang as iemand my herken in die publiek. Ek weet nie hoe raak mense gewoond daaraan nie, dis iets nuuts, maar ek moet sê dat dis great om die impak te sien wat my musiek maak,” het Jo aan SARIE.com gesê.

Gelukkig is sy vrou, Debbie, en sy twee dogters, Dinieke (7) en Miané (4), daar om hom plat op die aarde te hou.

“Ek is versot op hulle. Hulle is my lewe.”

En vir Jo is Debbie beslis sy rots.

“Sy is een van daai vrouens wat haar gesin bo haarself plaas.  En daar is glad nie ’n tekort aan liefde nie. Daar is genoeg soentjie en drukkies om jou deur die dag te kry.”

Can one man be more blessed? . #bethatguy #tattoo #beard #beards #music #familyfirst #iamoneluckyguy

A post shared by Jo Black (@joblack8) on

Maar dis ook sy eie ma wat hom geleer het om ander te aanvaar.

“Sy het my geleer om mense lief te hê. Een van gunsteling sê-goed is altyd: “Walk with kings, but never lose your common touch.” Almal het ’n storie, partykeer help dit om te luister.”

Jo kom uit die stal van die man met die goue hande, musiekvervaardiger Johan Vorster.

“Ek is oorweldig, ek het nooit kon dink ek sal nommer een wees nie. Ek sing al vir 16 jaar. Ek was nooit van plan on ʼn CD uit te bring nie. Dit was eers toe Johan Vorster en sy span my genader het dat ek geïnspireerd gevoel het om dit aan te pak.”

Jo het in sy begindae in kroeë gesing. Daarna was dit gospel en lofsang by kerke. Sy motiveringspraatjies by skole het die afgelope ruk aandag begin trek en gou was daar mediabelangstelling. Wie is die man met die groot baard en baie tatoeëermerke wat skoolkinders moed inpraat en adviseer? Sy boodskappe gaan oor onderwerpe soos selfdood, en hy sê vir jongmense: “Wees goed vir jouself en vir ander.”

Sy eie storie is aangrypend en inspirerend. Dis ’n verhaal van verslawing en sy pad was nie altyd maklik nie. Sy lewensverhaal laat jou luister met respek, afgryse en verwondering. En dan die applous, die cheer. Daai gevoel wat jy kry as één mens iets goeds doen, soos om ’n medalje te wen of ʼn drie te druk. Is dit hoekom daar so baie hart en siel in sy musiek is? Sy stem is manlik, maar gelaai met emosie. Die lirieke is diep sonder om te dweep. Poëties, liries miskien selfs intelligent, noem dit wat jy wil. En of jy daarvan hou of nie, sy musiek het artistieke meriete. Dis iets wat die laaste paar jaar skaars geword het onder baie Afrikaanse sangers.

Nou proe hy uiteindelik sukses as sanger. “Almal ken my as die ou wat by skole praat en ek is dankbaar om nou ’n positiewe boodskap deur musiek oor te dra. Vergeet van my baard en my vellies en my tatoes. Dit gaan oor stigmas, ek hou daarvan om vooroordele te vernietig. Mense onthou my as gevolg van hoe ek lyk, maar as ek my mond oopmaak en hulle hoor my hart, dan voel ek dat ek die doel bereik het.

The post Jo Black oor sy sukses appeared first on SARIE.

EKSKLUSIEF: Fafa en Maryke se glanstroue

$
0
0

Dit het drie maande se beplanning geverg. En daarna: ’n Drie-uur-lange troudiens met 120 gaste, twee strooimeisies, twee strooijonkers, ’n onthaal met tien lang tafels, 60 leerstoele, twee troukoeke en ’n bruid wat nie minder nie as ses keer by die paadjie moes afstap! En om dit alles vas te vang? Altesaam 12 uur van opnames.

Die geleentheid? Die sepietroue van Fafa Beltrame (Altus Theart) en Maryke de Villiers (Marijke van der Westhuizen) van kykNET se Getroud met Rugby.

Dis dalk die karakter Fafa se vierde troue, maar dié een was die spesiaalste nog. En met vanaand se episode kon kykers van dié sepie ook deel in dié droomtroue.

Fafa Beltrame (Altus Theart) en Maryke de Villiers ( Marijke van der Westhuizen).
FOTO RDK Photography

FOTO RDK Photography

FOTO RDK Photography

Geen moeite is ontsien om dié TV-troue eg te laat lyk nie. Dit is nie in ’n ateljee opgeneem nie, maar by ’n gewilde trouvenue in Johannesburg, Shepstone Gardens. Om te verseker dat die troue outentiek en smaakvol gelyk het, het die vervaardigers die top-geleentheidskoördineerder Aleit Swanepoel se hulp ingeroep. Selfs die kos was ware ‘troukos’, canapés deur die spyseniers By Word of Mouth.

FOTO RDK Photography

FOTO RDK Photography

FOTO RDK Photography

 

“’n Sepietroue is ’n groot gebeurtenis omdat die karakters daagliks in die duisende kykers se huise ‘woon’ en byna soos familie is. Ons wou ons kykers laat voel dat hulle self hierdie elegante sprokiesdag bygewoon het,” sê Rudo van Heerden, publisiteitsbeampte van Getroud met Rugby.

“Die onthaalgedeelte was vir my die lekkerste om te verfilm,” sê Marijke. “Die regisseur (Hannes Muller) het ons toegelaat om ’n bietjie te improviseer op die dansvloer. En ek is mos maar lief vir dans. Ek en Altus werk lekker saam en is gemaklik genoeg met mekaar om net eenvoudig pret te hê.”

FOTO RDK Photography

FOTO RDK Photography

FOTO RDK Photography

“Dit was die vierde keer dat Fafa trou, so die nerves het maar gebyt voor die tyd,” spot Altus. “Sal die huwelik die keer werk? Dit was ’n ongelooflike dag en ons het soveel pret op stel gehad. Wat die troue ook so spesiaal gemaak het, is die feit dat Fafa en Maryke al vanaf die eerste reeks in Getroud met Rugby verskyn en mekaar nou uiteindelik gevind het.”

Hier’s nog foto’s van dié sepietroue:

FOTO RDK Photography

FOTO RDK Photography

FOTO RDK Photography

FOTO RDK Photography

FOTO RDK Photography

FOTO RDK Photography

FOTO RDK Photography

Reitz (Sean van Noordwyk) en Sasha (Anlia van Rensburg).
FOTO RDK Photography

Die Bekkers: Chrissie (Melissa Willering), Reitz (Sean van Noordwyk), Nina (Jocelyn Broderick), Gideon (David Vlok), Lorette (Ilse-Lee van Niekerk), Tommie (Arno Greeff).
FOTO RDK Photography

Festus (Louis van Niekerk) en Koekie (Rina Nienaber)
FOTO RDK Photography

Yvonne (Karin Fourie), Simon (David Louw) en Renate (Christel van den Bergh) FOTO RDK Photography

Blitz (Werner Coetser), Reitz (Sean van Noordwyk), Fafa (Altus Theart), Simon (David Louw).
FOTO RDK Photography

FOTO RDK Photography

 

Lys van verskaffers

Koördineerder – Aleit Swanepoel van The Aleit Group

Getroud Met Rugby-kunsdepartement

Troukoek – Bella Patisserie

SpysenieringBy Word of Mouth

Dekor en blomme – Charlene Lubbe van Oopsie Daisy flowers

Fotografie – RDK Photography

Venue – Shepstone Gardens in Johannesburg

Mansuitrustings – Daniela Nel van EuroSuit

Damesuitrustings – Mercia van der Walt van House of Superior Clothing

Trourok – Elke Beukes van Getroud Met Rugby-garderobe

 

The post EKSKLUSIEF: Fafa en Maryke se glanstroue appeared first on SARIE.

SAMAS: “Grammy nou in my visier”

$
0
0

Jy wen ’n toekenning, gee jou toespraak voor die groot gehoor en dan is die glans-aand verby. Wat nou? Verlede naweek was dit die SAMA-toekennings en Afrikaanse musikante het weer hul merk gemaak. SARIE.com het met die popgroep ADAM, “Piano Man” Charl du Plessis, Refentse en Arno Carstens gepraat om te hoor wat só ’n toekenning vir jou loopbaan kan beteken. Gee dit jou daardie broodnodige hupstoot in die bedryf? 

ADAM – beste popalbum

Vir die lede van ADAM – Hugo Ludik, Reynardt Hugo en Kyle Grant – is dit ’n groot voorreg om ’n SAMA vir hul werk in Afrikaans te wen.

Hoekom?

“Dis die taal waarin ons praat en leef. Ons is trots op Afrikaans. En daarom maak dit die toekenning nog net soveel beter.”

Watter impak het so ʼn toekenning op jou loopbaan?

Nie veel nie. Ons doen wat ons doen ten spyte van toekennings, eerbewyse of pryse. Dis ons passie en ons leef dit ten volle uit. Die rigting waarin ons musiek gaan, word geensins bepaal deur pryse of toekennings nie. Maar dít gesê, bly dit lekker om toekennings te ontvang vir wat jy doen in die bedryf.

Charl du Plessis – beste klassieke en instrumentele album

Vir Charl was dit ’n ongelooflike gevoel om ’n SAMA te wen. En vir hom is dit die top-musiekprys in Suid-Afrika. “Nadat ek in Februarie die Fiësta gewen het, is my twee grootste boksies vir SA nou gemerk.”

Watter impak het so ʼn toekenning op jou loopbaan?

Ek sal seker nog moet sien, maar vir nou bly alles eers soos dit was – ek dink my kredietwaardigheid in die industrie sal vir seker meer wees en wie weet, dalk sit ek my prys nog op!

Kan jy ʼn Grammy wen? 

Die Grammy’s en Echo Klassik (Duitsland) is beslis volgende in my visier en ek gaan my bes probeer. Hierdie is maar net die begin.

FOTO Bernard Brand

 

Refentse – beste verkope van ʼn album 

Vir die talentvolle Refentse is die toekenning ’n groot eer. Maar wat hy die graagste wil wen, is die hart van Suid-Afrika. “Ek wil musiek maak wat my land en my mense roer.”

Watter impak het so ʼn toekenning op jou loopbaan?

Dit is soos ’n stempel van goedkeuring. Dit verseker my dat ek op die regte pad is, dan kan ek nog meer van myself insit.

Kan jy ʼn Grammy wen? 

Ek sal baie daarvan hou, maar ek dink daar is nog bietjie werk om te doen voor ek daar kan kom.

FOTO Tania Fourie

Arno Carstens  beste tegniese album 

Vir die rocker Arno Carstens is dit lekker om erkenning vir sy nuwe Afrikaanse album, Aandblom 13, te ontvang.

Hoe voel dit om ʼn SAMA te wen in Afrikaans?

Great, hoewel ek dink die Ghoema wat ek vir die album gewen het, dra meer gewig in die mark. Ek moet sê al het ek niks gewen nie, sou ek steeds nie huil nie. Aandblom 13 is ʼn pragtige stuk werk en ek’s trots daarop.

Watter impak het so ʼn toekenning op jou loopbaan?

Dis moeilik om te sê, maar ek verwag ʼn bietjie meer werk wat sal nader staan.

FOTO Facebook / Arno Carstens

The post SAMAS: “Grammy nou in my visier” appeared first on SARIE.

The Voice-ster: “Ek is meer as ’n Bok se vrou”

$
0
0

The Voice SA, M-Net se gewilde sangkompetisie, is nou volstoom aan die gang. Elke Sondag om 17:30 sit kykers vasgenael om die volgende rondte te sien. Net ’n handjievol deelnemers is oor en die kompetisie raak al hoe strawwer. Boonop het elke kyker hul eie gunsteling!

Een van die oorblywende deelnemers is Caroline-Grace Brüssow, Springbok Heinrich Brüssow se vrou. Toe sy haar eerste blinde oudisie vir die tweede seisoen van The Voice SA afgelê het, het net Bobby van Jaarsveld omgedraai. Weke later en sy is nou in die top-16. Die afgelope Sondag was Caroline se eerste regstreekse vertoning en haar en haar spanmaats, Marco Basson en John James Janse van Rensburg, se plek in die kompetisie word nou deur die publiek se stem bepaal.

Fanie Cronjé het met haar gesels oor die kompetisie, haar toekoms, en ook hoe dit voel om bekend te staan as “Heinrich se vrou”.

Hoe voel dit as jy sing en nie een van die beoordelaars draai om nie?

Jy voel ’n warboel van emosies. Jou selfvertroue kry ’n knou, want jy vra dadelik vir jouself hoekom niemand omdraai nie – is jy nie goed genoeg is nie?

Bid jy op daai oomblik of fokus jy op jou sang?

Ek het maar net aanhou sing. Ek het geweet as ek daai hoë noot in die liedjie slaan, sal iemand omdraai. Ek het so bietjie in my kop gebid ook, maar gefokus gebly en aanhou sing.

As al vier beoordelaars omgedraai het, wie sou jy gekies het as jou mentor?

Ek gaan eerlik wees: Dit sou Karen Zoid wees. Naas Laurika Rauch is dit die eerste Afrikaanse kunstenaar na wie ek ooit geluister het. Sy oordeel jou nie as mens nie en respekteer jou vir wie jy is.

Wie het vir jou gesê jy kan sing?

My middelste broer, Johan. Hy en ’n vriend het gesing en my gevra om saam te sing. Ek het so selfvertroue gekry.

Is jy opgelei?

Ek het hier en daar sangopleiding gekry, maar nooit professioneel nie. Ek sou vir een of twee lesse gaan en dan nie teruggaan nie. Ek het maar myself geleer deur te kyk en luister na kunstenaars wat ek bewonder en my stem geoefen deur saam met hulle liedjies te sing.

Jy het ’n regsgraad aan die Universiteit van die Vrystaat behaal. Hoekom het jy nie gaan sing nie?

Ek wou iets studeer wat my ’n standvastige toekoms gee. Toe ek op skool was het ek soms ’n geleentheid gekry om op te tree by skoolkonserte soos Beauty and the Beast en Oklahoma! en ek het ook by ’n paar troues gesing.

Nou is jy getroud met Heinrich Brüssow.

Ek en Heinrich ken mekaar van skool af. Hy was in Grey College en ek in die Engelse meisieskool Eunice.

Pla dit jou dat daar na jou verwys word as ’n Springbok-rugbyspeler se vrou?

Weet jy, ja en nee, ek is trots daarop om sy vrou te wees. Ek is trots op hom en wat hy bereik het. Ek het egter ook hard gewerk om te wees waar ek is. Heinrich voel sterk daaroor dat ek my eie identiteit het en erkenning kry in my eie reg.

Hoe het dit op die program bekend geraak dat jy sy vrou is?

Ek weet nie regtig nie. Bobby het my herken. Hy ken vir Heinrich. Hulle is nie beste vriende nie, maar hulle ken mekaar. Ek was ook ’n semi-finalis in die kykNET-kompetisie Liefling waarin die nuwe persoon gekies is om teenoor Bobby op te tree in die musiekproduksies.

Hoe het dit Sondagaand gevoel toe Bobby net een van julle kon red?

Dit was baie vreemd vir my, maar ek was rustig. Josh verdien dit om deur te gaan na die finaal. Ek sal hard werk en my kant bring en as die publiek vir my stem en ek Sondag deurdring, dan sal dit ongelooflik wees.

Wat nou?

Ons is besig om ons liedjies te oefen vir Sondagaand se episode. As ons deurdring, kry jy die kans om weer te sing. Anders gaan jy huis toe.

En as jy klaarmaak met The Voice?

Ek dink dis veilig om te sê dat ek nie gaan ophou sing nie. Ek sal die geleentheid gebruik en alles voluit aan pak.

Het jy ’n haarstilis of grimeerkunstenaar vir jou optredes?

Daar is ’n groot mooimaak-span wat ons grimering en hare doen, maar ons het ’n sê in hoe ons wil lyk. Ek kyk gewoonlik op Pinterest vir inspirasie en wys dan vir hulle wat ek in gedagte het.

Gister het Heinrich vanuit Japan sy Red Hurricanes-spanmaats opgekommandeer om mense te oortuig om vir haar te stem.

The post The Voice-ster: “Ek is meer as ’n Bok se vrou” appeared first on SARIE.

Van Mej. SA tot radio-omroeper

$
0
0

Liesl Laurie, 2015 se Mej. SA, is dalk ’n opgeleide rekenmeester, maar vandag werk sy as omroeper by een van die land se mees geliefde radiostasies. Sy vertel van haar werk, en ook van die aaklige motorongeluk wat sy verlede jaar oorleef het.

Van Mej. SA tot omroeper by Jacaranda FM …
Ek is nou al ’n jaar en agt maande by Jacaranda FM. Ek bied die Sondagaandprogram Sunday Nights with Liesl Laurie aan. Ek gee ’n oorsig van die week se vermaak op die program.

What if you simply devoted this month to loving yourself more? #HelloJune : @kaylie_marilito: @photogeniustats

A post shared by Liesl Laurie (@liesllaurie) on

Het jy vorige ondervinding as omroeper?
Ek was nog altyd lief vir radio as ’n medium, veral sedert my jare as student by die Universiteit van Johannesburg. Tydens ’n skoonheidskompetisie waaraan ek deelgeneem het, het ons tyd by Eldoradopark se gemeenskapsradiostasie deurgebring. Ek het daar baie ondervinding in die uitsaaiwese opgedoen.

Maar jy het dan ’n gesig vir TV?
Baie mense sê so, ja! Maar ek het ’n hart vir radio.

Dink jy die Mej. SA-titel het gehelp om die deur by die radiostasie oop te maak?
Dit het baie deure oopgemaak. Alhoewel ek ’n professionele rekenmeester is, het die titel my gehelp om my droom waar te maak om radio-omroeper te word. Die onderhoude wat ek op radio toegestaan het, het natuurlik ook gehelp.

Full view of the custom made suit by my fav @roxannepengilly #GMG17 #AboutLastNight MUA: @stormpassmakeup

A post shared by Liesl Laurie (@liesllaurie) on

Jy was verlede jaar in ’n aaklige motorongeluk. Wat het gebeur?
Ek het op die N1-snelweg in Gauteng gery. Net voor die New Road-afrit het ’n vrou van agter af in my vasgery. Die impak van die botsing het my motor onder ’n vragmotor voor my ingeslinger. Gelukkig kon ek betyds uit my motor kom.

Kyk jy nou anders na die lewe?
Nie noodwendig nie. Die ongeluk het my gedwing om tyd af te neem. Dit was die heelal se manier om my in die bed te kry en te laat rus, want ek het nooit ’n blaaskans gevat nie.

Wat maak die lewe mooi?
My familie laat my glimlag en hulle hou my nederig. Ek is steeds klein Liesl van Eldoradopark wat buite in die sand speel. Sonder my familie is my lewe baie vervelig.

Gaan jy nog gereed terug Eldoradopark toe?
Ek gaan elke twee weke terug om my hare, wenkbroue en naels daar te laat doen. Ek en my ouma Loraine laat doen ons hare saam.

My face today knowing that God has my back. GODfidence and faith trending #SetLife #BehindTheScenes

A post shared by Liesl Laurie (@liesllaurie) on

Wat is jou groot passie?
Ek is ’n kampvegter vir vroueregte. Ek wil vroue en kinders meer bewus maak van mishandeling deur my sosiale media. Selfs al twyfel jy of dit wat met jou gebeur regtig mishandeling is, wil ek hulle oortuig om die situasie steeds te ontleed, want dit was tien teen een mishandeling. Al kan ek net ’n verskil aan een meisie se lewe maak, is dit die moeite werd.

Het jy mishandeling persoonlik ervaar?
Ek is baie dankbaar ek het nie. Tussendeur al die letsels wat die wêreld op my lewe gelaat het, is ek dankbaar mishandeling is nie een daarvan nie.

The post Van Mej. SA tot radio-omroeper appeared first on SARIE.

Dr. Meyer terug in Binnelanders!

$
0
0

Die akteur Ramey Short het gisteraand gekuier saam met drie van sy ou Binnelanders-vriende, Hykie Berg, Reynardt Hugo en Pietie Beyers (wat onderskeidelik drs. Conrad Bester, Tertius Jonker en Deon Visser in dié kykNET-sepie speel).

Maar dit was nie sommer net ’n gewone aand uit saam met vriende nie. Ramey maak in Julie sy terugkeer as dr. Quinton Meyer in Binnelanders. Hy het al verlede maand aan tonele begin skiet. “Sy karakter maak ’n dramatiese terugkeer wat te doen het met die karakter Tertius,” sê Ernst Swart, skakelbeampte vir Binnelanders.

Die vier akteurs het by die Orient-restaurant in Melrose Arch, Johannesburg, gaan eet en Ramey het dié foto op Instagram gedeel:

Ramey was een van Binnelanders se mees geliefde akteurs voordat hy die sepie in 2014 verlaat het. Hy was onlangs te sien in Getroud met rugby, en het ook ’n paar fliekrolle agter die blad.

Ramey het in Desember 2013 ’n openhartige onderhoud met SARIE gevoer. Hier is ’n uittreksel uit die onderhoud:

“Ek het geleer as ek iets wil hê, moet ek self daarvoor werk – sonder ouerhulp. Maar dit het my geleer om selfstandig te wees, om elke dingetjie te waardeer.”

Ramey self word dikwels deur sy vriende as “’n bietjie windgat” beskryf, erken hy. “Maar dis omdat ek eintlik net reguit is. Mense sê ek’s ’n bietjie flirty ook. Maar daar’s ’n baie dieper kant aan my. Ek vat nie nonsens nie, as gevolg van my agtergrond. Ja, ek hou partykeer ’n front voor, want ek laat nie maklik mense in my binnekring toe nie. As ek sien jy’s opreg en ek kan jou vertrou, sal ek jou inlaat.

Ramey destyds in die hospital-sepie. FOTO Binnelanders

7 goed wat Ramey geleer het

1. Veg altyd vir dit wat jy wil hê in die lewe – al is dit ook soms swaar om die geveg te hê.

2. Moet nooit nee vat vir ’n antwoord nie.

3. Don’t judge a book by its cover. Mense wat dit al met my gedoen het, moes later hul persepsies oor my verander.

4. Kies jou rolmodelle versigtig.

5. Die wêreld is nie regverdig nie en niemand skuld jou enigiets nie. Al voel dit soms so. Die rede hoekom ek so ’n sterk persoonlikheid het, is omdat ek taamlik baie klappe deur die wêreld gegee is toe ek jonger was. Terugslae berei jou voor vir wat later oor jou pad kom.

6. Die lewe is kort. Moenie wag vir goed om te gebeur nie – máák dinge gebeur.

7. Be ballsy! In Hollywood het die agente dit vir my gesê, juis omdat ek nie die normale roete gevolg het nie. Daar is ’n rede hoekom Robert Frost (in The Road Less Travelled) geskryf het: Kies die roete wat vir jou werk – nie omdat dit vir ander mense werk nie.

Lees nou

Hier’s die 40 mooiste SA mans … Stem nou vir die top-20!

Van Mej. SA tot radio-omroeper

Sjokolade, pasta en wyn help met gewigsverlies!

 

The post Dr. Meyer terug in Binnelanders! appeared first on SARIE.


Shaleen oor Fiela: “Sy is nog dieselfde, net ouer …”

$
0
0

Die landwye toer van die verhoogproduksie Fiela se kind skop een van die dae af. Aktrise Shaleen Surtie-Richards is te sien as die geliefde karakter Fiela Komoetie, ’n vrou wie se vondelingkind van haar weggeneem word – 30 jaar nadat sy dié rol in die fliek gespeel het.

Sy het met SARIE.com gesels.

Hoe oud was jy toe jy die eerste keer Fiela gespeel het?
Mooi 30 jaar gelede. Ek is nou 62.

Hoe verskil vandag se Fiela van die een van 30 jaar gelede?
Sy’s nog dieselfde mens, sy is net ’n bietjie ouer. Sy is so ’n fenomenale vrou. Jy neuk nie met haar nie. Jy klim in háár skoene; sy klim nie in joune nie.

As jy vandag se lewenskennis tóé gehad het, sou jy Fiela anders in die fliek vertolk het?
Ek dink nogal nie so nie. Sy het haar kenmerke en dinge. Jy sal dit nie oorwin nie. Sy glo nog altyd “dis die liefde wat wen”. Wat wel nou vir my erger is, is die tema van die kind wat weggevat word. Dit is swaarder vir my vandag.

FOTO: Facebook / Fiela se kind

Verskil die toneelstuk baie van die fliek?
Nee, nogal nie baie nie, net ’n paar veranderinge. Maar kyk, dis moeilik om ’n ding soos Fiela op die verhoog te doen. Daar is goed wat werk in die fliek, soos die olifante. Oee, maar ek is so dankbaar ek doen die ding nou. Die akteurs is fabulous. Hierdie Paul Lückhoff is fenomenaal as Elias [van Rooyen, ’n houtkapper wie se jong kind wegraak]. Ek sit so en kyk tydens die repetisies na hom en my hare staan regop.

Onthou jy nog jou dialoog van die fliek se dae af?
O já, daar is party van die goed wat net so teruggespring het. Ek doen nou ook Broken Vows bedags [’n sepie op e.tv waarin Shaleen speel], dan ry ek Springs toe en begin 19:00 met repetisies [vir Fiela se kind]. Dan gaan ek huis toe en gaan leer my woorde vir die volgende dag se Broken Vows. Ek het ’n Sondag gehad om na daai teks van Fiela te kyk. Dit het net so teruggekom. Ek sal nooit moeg raak vir Fiela nie. Toe Frans [Swart, die regisseur en vervaardiger van die toneelstuk] my voorheen vir die eerste keer gevra het [om die rol in die verhoogproduksie te speel], het ek gesê nooit weer nie. Ek is nou in ekstase om dit weer te doen. Jy moet die kinders sien wat my seun speel, die ouer een en die kleintjie. Hulle is fabulous kinders.

FOTO: Willem Lourens

Wat is die ooreenkomste tussen jou en Fiela?
Haar houding en haar aardsheid. Ek het die wêreld se liefde vir daai vrou, Fiela Komoetie – om so onvoorwaardelik lief te wees, veral vir ’n kind.

As daar weer ’n fliek gemaak sou word, sou jy weer Fiela wou speel?
Ek sit eerste by die oudisie en loop haal daai rol. Ek sal nie omgee om ’n oudisie te doen as ek moet nie. Hulle kan maar gerus weer ’n fliek maak. Daar was baie goed wat nie in die vorige fliek kon pas nie. Hulle kan maar ’n reeks ook maak. Die storie is so sterk.

Fiela was die rol wat van jou ʼn geliefde aktrise gemaak het?
Dit was my groot deurbraak in die land. Ek het verhoogwerk gedoen, maar dit was Fiela wat my bekend gemaak het, ja. Ek onthou daar was ’n inry-teater op Upington waar ek vandaan kom met ’n muur reg in die middel. Wit mense aan die een kant, bruin mense aan die ander kant. Ek het gesê: “As julle wil hê ek moet kom vir die wys van die fliek, moet julle die muur afbreek.” Hulle het dit toe afgebreek. Toe ek daar kom daai aand, was die muur weg. En dis wat ek met Fiela vermag het vir die land se menseverhoudings.

Fiela se kind wys van 20 Junie tot 2 Julie by Emperors Palace in Gauteng en daarna by die Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees op Nelspruit (5-8 Julie), die Vrystaat Kunstefees in Bloemfontein (18-22 Julie), die Baxterteater in Kaapstad (21-27 Augustus), en die Atterburyteater in Pretoria (29 Augustus tot 3 September).

Kyk die lokprent hiér:

The post Shaleen oor Fiela: “Sy is nog dieselfde, net ouer …” appeared first on SARIE.

Mej. SA vertel oor mislukte kaping PLUS dís wat jy moet doen

$
0
0

Danksy ’n bestuursveiligheidskursus het Mej. Suid-Afrika, Demi-Leigh Nel-Peters, geweet hoe om op te tree toe ’n groep gewapende mans haar gister wou kaap. Sy was op pad na die Hyde Park-winkelsentrum in Johannesburg.

“Ek het by ’n verkeerslig stilgehou en opgemerk drie mans stap in my rigting. Ek het ook ’n vierde een gesien. Ek het kop gehou en my veiligheidsgordel losgemaak, my handrem opgetrek en gereed gemaak om uit die motor te klim. Toe ek die deur oopmaak, het een van die mans my teruggedruk. Ek kon daarin slaag om hom met die oop deur weg te stoot. Die anders mans was by die agterdeur. Ek het hul vuurwapens gesien en gedink hulle gaan my doodskiet. Ek het hom [die man by die deur] toe teen sy keel geslaan. Toe het ek weggehardloop.”

Demi-Leigh het toevallig twee dae tevore ’n kursus in defensiewe bestuur wat deur Nissan aangebied is, bygewoon. “Ek het alles wat ek geleer het, toegepas – buiten dat jy moet weghardloop! Maar ek moes net hardloop. Ek het gedink hulle gaan my skiet of ontvoer.”

Sy het van motor na motor gehardloop om hulp te kry. “Niemand was bereid om my te help nie. Ek het seker by 20 motors hulp gevra. Daar was selfs mense wat my weggejaag het,” sê sy.

“Op die ou end het ’n jong vrou my gehelp. Sy het my opgelaai en na die Hyde Park-sentrum geneem waar mense wat my vir my gewag het, my kon help.”

Demi-Leigh sê voor die voorval was daar ’n minibustaxi agter haar by die verkeerslig. “Sekerheidswagte in die taxi het glo uitgeklim en die kapers weggejaag toe hulle sien wat aangaan. Hulle het seker ’n halfuur by my motor gewag tot ek terug is na die toneel. Hulle het my handsak wat ek in die motor gelos het, vir my teruggegee. Ek is nog ’n bietjie geskok, maar baie dankbaar ek is veilig,” sê sy.

Jy word gekaap! Dís wat jy moet doen …

Ons hoor en lees byna elke dag daarvan. Om gekaap te word kan met enigiemand gebeur. Dis iets waaraan min van ons wil dink, maar as dit die dag met jou gebeur, moet jy voorbereid wees: Wat doen jy as jou motor gekaap word?

Dís wat jy moet doen

Goue reëls om ’n kaping te verhoed:

– Móénie by ’n verkeerslig op jou selfoon praat of ’n boodskap lees of skryf nie, al is dit dag. Wees versigtig en let op wat om jou aangaan. Jy’s ’n maklike teiken as jou aandag afgetrek is.

– Sluit jou handsak, skootrekenaar en sakke met inkopies in jou kattebak toe. Moet nooit iets op die passasiersitplek hou nie.

– Ry stadiger wanneer jy ’n rooi verkeerslig nader sodat dit na groen kan oorslaan teen die tyd dat jy daar kom.

– Indien die verkeerslig rooi is en daar is ’n motor voor jou, laat genoeg ruimte tussen jou en die motor ingeval jy vinnig moet wegkom.

– Hou alle deure gesluit.

– Moenie met oop ruite ry nie.

Bronne: Netstar, Wheels24

FOTO: Unsplash

Wanneer jy deur kapers gekonfronteer word:

– Bly kalm.

– Moenie stry nie.

– Moenie skielike bewegings maak nie.

– Vermy oogkontak, maar probeer detail onthou waaraan hulle uitgeken kan word.

– Gee gehoor aan die kapers se bevele.

– Probeer so vinnig moontlik van die plek wegkom.

– Moenie ’n held probeer wees nie. Jou lewe is meer werd as jou motor.

* Inligting verskaf deur Dialdirect.

FOTO: Unsplash / Aidan Meyer

Jou kinders is in die motor:

Dis enige ouer se nagmerrie.

– Bly kalm.

– Sê vir die kapers daar is kinders in die motor.

– As jy uit die motor moet klim, skakel dit af en hou die sleutel by jou. Sê hulle kan die sleutel neem as jy jou kinders kan kry.

– Maak seker jou oudste kind sit agter jou en die jongste oorkant. Wanneer jy jou kinders uit die motor haal, leun oor die ouer kind om die jongste te kry. Dit sal verseker dat jy albei uit die kar kry.

Bron: Miway

FOTO: Unsplash

Wanneer jy na jou motor toe stap:

– Moenie op jou selfoon wees nie. Jy is ’n sagte teiken.

– Haal jou sleutel uit reeds vóór jy na jou motor toe stap, maar moenie dit oop en bloot in jou hand hou nie.

– Stap vinnig en wees bewus van wat rondom jou aangaan.

Bron: Netstar

The post Mej. SA vertel oor mislukte kaping PLUS dís wat jy moet doen appeared first on SARIE.

Lieflike Quinne Brown van 7de Laan verjaar!

$
0
0

Dis al byna agt maande sedert Quinne Brown Huffman terug is as Connie in 7de Laan. In die vyf jaar wat sy in die sepie gespeel het voordat sy destyds Amerika toe is, het sy wonderlike verjaardae as deel van die Laan-familie gevier, en vandag doen sy dit weer.

Foto: Phyllis Green

Foto: Phyllis Green

Foto: Phyllis Green

Oor haar ouderdom sê sy: “Ek dink mense kan maar self somme maak oor my ouderdom. Ek sal sê wanneer ek 40 slaan, want daarna sien ek uit.”

Sy sonder jaar 21ste verjaardag uit as een van bestes. “My ouers het vir my ’n groot partytjie gehou en my pa het die mooiste speech gemaak. Ek onthou ook hoe ons in 2000 sjampanje op die stel van 7de Laan gedrink het om dit te vier.”

Van haar gunsteling-geskenke sluit in vliegtuigkaartjies SA toe in die jare toe sy en haar Amerikaner-man, Ryan (en later hul twee dogters, Charlotte en Lara), nog in Amerika gewoon het. Ook ’n “stunning” turkoois halssnoer van haar ma, Salomé. Ryan bederf haar altyd met heerlike kos en “lekker dates“.

“Ons is ervaring-gedrewe. Die een jaar, toe Charlotte so 18 maande oud was, is ons vir ’n week Meksiko toe. Dit was magic.”

“Ek verjaar altyd met vreugde,” sê Quinne. “Dit is darem maar baie braaf van ons om gebore te word en noudat ek weet wat dit verg om te leef, vier ek my verjaardae behoorlik.”

Quinne was oor die jare al vyf keer op SARIE se voorblad, en om jaar verjaardag vandag te vier deel ons ongepubliseerde foto’s van die sessie vir SARIE se Desember 2016-voorblad.

Foto: Leana Clunies-Ross

Foto: Leana Clunies-Ross

Foto: Leana Clunies-Ross

Foto: Leana Clunies-Ross

Foto: Leana Clunies-Ross

Foto: Leana Clunies-Ross

The post Lieflike Quinne Brown van 7de Laan verjaar! appeared first on SARIE.

Fiela: Terug na Dalene se geliefde Bos

$
0
0

Fiela se kind begin Dinsdag by die Emperors Palace in Gauteng landwyd toer as verhoogproduksie. Shaleen Surtie-Richards is weer Fiela Komoetie, die karakter wat sy in 1988 in die fliekweergawe vertolk het.

Hoor wat Shaleen oor die ervaring amper 30 jaar later sê hiér.

Die verhaal, gegrond op wyle Dalene Matthee se beroemde gelyknamige boek, handel oor ’n vrou wie se vondelingkind, Benjamin, van haar weggeneem word. ’n Deel van die storie speel af in die Knysnabos, waarvoor Dalene ’n ontsaglike liefde gehad het. Ook haar drie ander “bosboeke” – Kringe in ’n bos, Moerbeibos en Toorbos – het hier afgespeel.

FOTO B-you Photography – Rina Gertzen

In die Fiela-fliek het Dalene selfs ’n klein rol as bosbewoner gehad. “Daar is nie ’n mens so slim soos die Bos nie,” het Dalene in 2003 in ’n onderhoud met SARIE gesê. “Jy kan altyd net van die Bos gaan leer.”

Dié bos en sy diere het gelukkig die verwoestende brande die afgelope week in Knysna en omgewing vrygespring, berig Netwerk24. Die brande het verlede Woensdag ontstaan.


Annie Malan, destyds die boskind Nina van Rooyen in die fliek, het ons vertel van haar hartseer oor die brande. “Ek is devastated. Ek het reeds ’n paar goed gedoen om mense te help. Hemel, ek is hartseer vir die mense. Soveel strukture, lewens [is verwoes], en dan die troeteldiere …”

Annie sal altyd met goeie herinneringe terugdink aan haar rol as Nina met die wilde bos hare. Haar karakter het so in mense se hart gekruip dat mense daarna dikwels ’n kind met deurmekaar hare “Nina die boskind” genoem het.

Een toneel was veral moeilik, vertel Annie: waar haar houtkapper-pa, Elias van Rooyen, haar hare afsny. “My hare is regtig afgesny, en ek het regtig gehuil,” sê sy. “Katinka [Heyns, regisseur] het vir my ná daardie toneel ’n groot pienk teddiebeer gegee en gesê dis my Oscar.

“Die fliek was ’n betowerende ervaring. Ek het regtig in feetjies geglo nadat ek so lank in daardie bos verfilm het.”

Kyk uittreksels van Fiela se kind hiér:

Het jy geweet?
1. Die boek Fiela se kind is in Engels, Frans, Sweeds, Sloweens, Nederlands, Hebreeus en Duits vertaal.
2. Fiela se kind is al op die verhoog as ’n drama, opera én musiekblyspel aangebied.
3. In 2007 was Fiela se kind een van drie Afrikaanse boeke wat Exclusive Books se lys, 101 Books to Read before You Die, gehaal het.
4. In ’n landwye peiling in 1999 deur 350 biblioteke is Fiela se kind as die Afrikaanse boek van die eeu aangewys.
5. In die fliek het Simon Barnard, Katinka Heyns se seun, die rol van Benjamin as jong seun gespeel. Jan Ellis was die ouer Benjamin. En Dawid Minnaar het die volwasser Benjamin gespeel.

Bron: www.dalenematthee.com

The post Fiela: Terug na Dalene se geliefde Bos appeared first on SARIE.

R&B-sangeres skitter in 7de Laan

$
0
0

Keabetswe (KB) Motsilanyane, die vuurvreter-prokureur Lesedi Moloi in SABC2 se 7de Laan, is een van SA se talentvolste rhythm and blues-sangers, maar speel net so goed toneel. Eers was daar rolle in die e.tv-sepies Backstage en Rhythm City en nou, sedert April, ook in 7de Laan.

Where it’s at. Happy Monday

A post shared by KB Mamosadi #KBOketsa (@mamosadikb) on

Jy’s ’n sangeres. Waar kom jou liefde vir toneelspel vandaan?
Ek sing, dans en speel toneel al vandat ek ’n tiener is. Ek het in 1999 my graad in musiekteater aan TUT (Tshwane-Universiteit vir Tegnologie) gekry.

Het jy al daaraan gedink om jou karakter in 7de Laan te laat sing?
Ek het. Dit sal Lesedi as karakter laat groei en kan ook die talente van die ander ten toon stel [as hulle ook kans kry om te sing].

Ek dink jy moet met die vervaardigers praat! Dit kan ʼn lieflike twist vir jou karakter wees.
Ek dink dit sal absoluut wonderlik wees.

Het jy enige persoonlike ervaring van die regsberoep?
Ja, soos in alle bedrywe word ek blootgestel aan sekere regsaspekte, soos byvoorbeeld in die geval van kontrakte vir album-opnames.

Really diggin’ #lesedi ‘s look. #earthtones #natural #simple #lesetlife #💄 @theolabooyens #💇🏾 @izellebodenstein @real7delaan 😘

A post shared by KB Mamosadi #KBOketsa (@mamosadikb) on

Het jy 7de Laan gekyk voor jy daarin gespeel het?
Ek het, hoewel ’n hele ruk tevore. Ek het die storielyne baie geniet. Van almal het ek “Matrone’ (Netta Nortjé, gespeel deur Annelize van der Ryst) die meeste geniet – hoe sy altyd vir almal ’n swaar tyd gee. Dit het my karakter se verhouding met haar ekstra spesiaal gemaak. Sy is ’n ma-figuur vir Lesedi.

Hoe goed kan jy Afrikaans praat en verstaan?
Ek verstaan dit, want ek het Afrikaans as vak op hoërskool gehad. En ek raak gewoond daaraan om dit te praat.

#oketsa

A post shared by KB Mamosadi #KBOketsa (@mamosadikb) on

Lesedi is ongenaakbaar en feisty. Is jy ook so?
Ek glo ek moet sekere van haar karaktereienskappe deel om die rol te kan vertolk. Sy is egter baie meer aggressief as ek.

Het jy al vriende gemaak op stel?
Dit is baie maklik om vriende hier by 7de Laan te maak. Daar is ’n gevoel van kameraderie en familie op stel.

The post R&B-sangeres skitter in 7de Laan appeared first on SARIE.

Viewing all 95 articles
Browse latest View live