Quantcast
Channel: Fanie Cronjé – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 95

Só vier Paul Rothmann Kersfees

$
0
0

Paul Rothmann se werk as Pasella-aanbieder neem hom gereeld na verskillende plekke in die land. Maar sy avontuurlustigheid hou hom aan die reis, ook in sy vrye tyd. Dikwels is die bestemming iewers opwindend in die buiteland.

Sy reisgenoot is sy modelmeisie, Candice Boucher, wat weens haar werk ook gereeld reis. Verlede jaar het hy en Candice in Desember in Viëtnam gaan vakansie hou. Kersdag self was hulle in Hanoi. Vanjaar is dit Jan Tuisbly se karretjie en hulle gaan saam met Paul se familie feesvier.

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Waar gaan julle vanjaar Kersfees vier?

Kersfees gaan oudergewoonte saam met my familie in Port Alfred deurgebring word. My ouers, my broer, sy vrou en sy kinders, ek en Candice. Dis gewoonlik ’n fees van kos wat deur my ma voorberei word en hope geskenke, hoofsaaklik vir die kinders.

Wat is dié jaar op jou geskenklys?

Vanjaar is ek nie kieskeurig oor geskenke nie. Dit was so ’n besige jaar, en ek het my familie te min gesien. Ek is net baie bly dat ons almal saam kan wees, veral saam met my ouers. Soos mens ouer word, besef jy hoe spesiaal dit is. Maar as Santa ’n luukse viertrek-motor onder die boom vir my los, wel, dan gaan ek nie kla nie.

Moes jy al Kersvader speel ?

My pa is gewoonlik Kersvader, hy trek sommer die hele uitrusting aan vir sy kleinkinders. Soos hy ouer geword het, het ek die rol begin oorneem van die geskenke uitdeel. Ek’s bly ek hoef nie in Desembermaande daai rooi pakkie aan te trek nie.

Verskaf

FOTO Verskaf

Wat gaan julle eet?

Dis my ma se trots. Oukersaand sowel as Kersdag. Die ete word al ’n maand voor die tyd bespreek … Maar ironies word niks ooit finaal besluit tot so twee dae voor die ete nie. Ek vermoed ons gaan ’n beeshaas-gereg hê hierdie jaar, but you never know. My ma is ’n uitstekende kok, en dis elke jaar ’n reuse-bederf. Die skottelgoed is natuurlik ’n ander storie.

Maak julle op Oukersaand of Kersdag geskenke oop?

Geskenke word Oukersaand oopgemaak, sodra daar die eerste ster sigbaar is. Dit het my mal gemaak as kind en ek het basies verkykers uitgehaal in die hoop dat ek vroeër reeds ’n ster sou kon sien. My broer se seuntjie is deesdae net so hiper-opgewonde daaroor, soos in “byna onbeheerbaar”. Hahaha. Hier is ’n foto waar ons almal op ’n boot is. Dis tipies wat ons op Oukersdag doen om die kinders besig te hou sodat hulle nie heeltemal mal gaan van opwinding oor die geskenke nie.

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Is julle Kersfees tradisioneel of modern?

Ek en Candice is meer liberaal in ons Kersbeskouing, terwyl die res meer konserwatief is. Daar is baie teorieë oor die eintlike oorsprong van Kersfees, maar wat vir ons belangrik is, is dat ons dit saam met ons familie vier. Uiteindelik is ons net baie dankbaar vir dié voorreg.

Só vier ander bekendes vanjaar Kersfees:

Sorina se Braambossie al singend dié Kersfees

Desiré se planne vir Kersfees

Zetske en Altus vier Kersfees langs die Weskus

Só vier Naas en Karen Botha Kersfees

Lees nou

Dis ’n seuntjie EN ’n 5de baba vir dié bekende!

Irina se ring lyk nes Kate s’n

Margot Robbie stilletjies getroud

The post Só vier Paul Rothmann Kersfees appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 95

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!