Dit is kort voor Kersfees en vir dié drie gesinne gaan dit vanjaar anders wees. Elkeen van hulle is ʼn baba ryker.
In die huishouding van Zetske van Pletzen en Altus Theart is daar nou ʼn seuntjie, Alexander. Desiré en Chris Gardner het vir klein James ʼn sussie, Robin, gegee. Sorina Erasmus en Braam Riekert is ook ʼn tweede kind ryker. Klein Braambossie het nou ’n babasus, Miana, met wie hy in die toekoms lekker kan speel. Ongeag of dit nou ’n tuisbly-Kersfees of ’n seevakansie gaan wees, een ding is seker: Vir dié gesinne is dit familietyd.
Dinsdag het die aktrise Zetske van Pletzen vertel van klein Alexander se eerste Kersfees wat langs die Weskus gehou gaan word. Lees meer hier.
Gister het Suidooster se Desiré Gardner haar Kersfeesplanne gedeel. Sy en haar man, Chris, en eersteling, James, het vanjaar ’n nuweling in hul gesin verwelkom: ’n dogtertjie, Robin. Lees meer hier.
Vandag deel die aktrise, sanger en aanbieder Sorina ‘Flooze’ Erasmus haar gesin se Kersfeesplanne!
Waar hou julle hierdie jaar Kersfees?
By my ouers in Pretoria
Hoekom?
Ons wissel elke jaar tussen my ouers en manlief se ouers en vanjaar vier ons Kersfees saam met my ouers, broer en sy gesin. Ek sien daarna uit om al my hart se mense bymekaar te hê, sonder enige formaliteite of fieterjasies.
Vier julle dit tradisioneel of wil julle iets meer moderns hou?
Ons is maar tradisionele mense wat daarvan hou om dinge nie te kompliseer nie, daarom bly ons tradisies elke jaar dieselfde. Ons gaan kerk toe en dan kom almal bymekaar om geskenke uit te deel en fees te vier.
Dink jy dit is waar dat kinders juis die ‘magic’ in Kersfees bring?
Hulle het ’n groot aandeel in die opwinding wat met Kersfees gepaardgaan. Met ’n seuntjie van 2 en ’n half wat mal is oor sing, hoor ons elke dag ’n mengelmoes tussen “Jingle Bells” en “Stille Nag”.
Wanneer deel julle geskenke uit, Oukersaand of Kersdag?
Voor die kinders daar was, het ons dit altyd Oukersaand gedoen. Maar Klaas Vakie het intussen die oorhand gekry en deesdae, vanjaar ook, doen ons dit op Kersdag wanneer hulle op en wakker is.
Gaan julle vir die baba ʼn geskenk koop?
Beslis! Dit is immers haar eerste Kersfees.
Wie speel Kersvader in jul gesin?
Pappa Braam sal moet wegglip om te verander in die langbaard-omie in rooi.
Wat gaan julle eet?
’n Kombinasie tussen my twee gunstelinge, naamlik braaivleis en boere-kookkos.
Lees nou
Ryan Reynolds en Blake Lively wys hul kinders
Lief vir kaaskrulle? Jy kry nou kaaskrul-grimering!
FOTO: Die oulikste Kersvader nóg!
The post Sorina se Braambossie al singend dié Kersfees appeared first on SARIE.