Quantcast
Channel: Fanie Cronjé – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 95

Jak de Priester vier 15 jaar se sukses

$
0
0

Die gewilde Afrikaanse sanger en liedjieskrywer Jak de Priester vier vanjaar 15 jaar in die musiekbedryf. Om dié mylpaal te gedenk het hy ’n splinternuwe CD met die gepaste naam Vyftien.

Jak stel hierdie naweek die CD bekend by Die Boer in Durbanville, Kaapstad, en dan Maandag en Dinsdag by die Atterbury-teater in Pretoria.

“Dis nie ou liedjies nie. Daar is 17 oorspronklike nuwe liedjies op die CD,” het Jak aan SARIE.com gesê. Drie van daardie liedjies is in samewerking met ander musikante, kollegas en vriende met wie Jak reeds bande het: die pianis Charl du Plessis en sangers Jannie Moolman en Steve Hofmeyr.

“Ek en Jannie het al saam getoer en saam opgetree. Ons wou nog altyd saam iets opneem en nou met Vyftien is dit ʼn goeie tyd. Steve se liedjie het hy spesiaal geskryf vir die televisieprogram Reis na gister. Hy wou dit gebruik het in sy episode, maar dit was nie betyds klaar nie.”

Jak as klein seuntjie. FOTO Verskaf

Jak as klein seuntjie.
FOTO Verskaf

Ná Jak se matriekjaar aan die Hoërskool Parys het hy drama aan die Universiteit van Pretoria gaan studeer. Ná ʼn paar maande het hy sy kursus verander na gewone BA en ʼn HOD gedoen. Toe is hy vir twee jaar Engeland toe om daar skool te hou. Hy het Duits as vak aangebied. Met sy terugkeer het hy Kuns en Kultuur aan die Hoërskool Eldoraigne in Centurion gegee. Dit was in hierdie tyd dat hy sy trefferliedjie “Sally Williams Nougat” geskryf het vir die liefde van sy lewe, Michelle du Toit. Maar Jak was skaars terug in die land toe Michelle vir twee jaar Londen toe is om daar te gaan werk. Hulle liefde het die toets van die tyd én die afstand deurstaan en Jak en Michelle is in 2007 verloof en nie lank daarna nie getroud. Vandag is hulle die trotse ouers van twee seuns en ’n dogter.

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Maar waar het sy musiekreis regtig begin?

“Ek het die ATKV se Crescendo-kompetisie gewen en met daai prysgeld kon ek dit bekostig om ʼn CD te maak. Dit was Sally Williams Nougat. En toe gaan doen ek optredes by die KKNK en van daar af het dinge begin gebeur.”

Die CD se titelliedjie het gesorg vir Jak se deurbraak in die bedryf. En met die temalied van die kykNet-sepie Binnelanders het Jak hom gevestig as ʼn volwaardige Afrikaanse musiekkunstenaar. Vir 12 jaar al hoor kykers aand ná aand sy woorde wat die program inlui: Buite in die strate bars jakarandas uit hul nate …

Jak de Priester in aksie FOTO Verskaf

Jak is ook die aanbieder van die leefstylprogram Reis na gister op dieselfde kanaal. Hy vertel dit gaan goed met dié program: “Die vyfde reeks word nou uitgesaai. Die program sal aangaan so lank soos wat Toyota, die borg, wil aangaan. Die ratings is nice.”

Lees nou

Mr. Darcy, is dit jy?!

QUIZ: Watter rooi lipstiffie is perfek vir jóú vir Valentynsdag?

’n Tweeling vir George en Amal

The post Jak de Priester vier 15 jaar se sukses appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 95

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!