Quantcast
Channel: Fanie Cronjé – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 95

Tukkie gaan gróót met SARIE

$
0
0

SARIE het die eerste keer verskyn op 6 Julie 1949. Die tydskrif is binne 24 uur landwyd uitverkoop. Op die voorblad is die Afrikaanse vrou uitgebeeld, modern geklee in ʼn Christian Dior-rok, met die spieëlbeeld van ’n Voortrekkervrou langs haar.

Dié en nege ander SARIE-voorblaaie was die inspirasie vir die Tukkie Marike Swart se kunswerke, wat nou saam met die werk van ander finalejaarstudente by die Pretoria-kunsvereniging se galery uitgestal word. Die uitstalling duur tot 1 Maart 2017.

Marike Swart se kunswerk van SARIE se heel eerste voorblad

Marike Swart se kunswerk van SARIE se heel eerste voorblad

Met hierdie SARIE-geïnspireerde projek het Marike verlede jaar haar kunsgraad cum laude geslaag. Van die tien SARIE-voorblaaie wat deel vorm van haar werk het sy drie Anna-Mart van der Merwe-voorblaaie gekies om uit te beeld.

Marike Swart sarie kuns Marike Swart sarie kuns

2DSC_0075

Die 24-jarige student vertel: “Anna-Mart is vir my ʼn rolmodel. Sy is vir my die Afrikaanse vrou om te wees. Sy is ook baie prominent in die SARIE-wêreld. Sy was, as ek reg verstaan, al 15 keer op die tydskrif se voorblad. Ek het op een van die voorblaaie die woorde van die liedjie “Sarie Marais” geborduur. Dis waar SARIE haar naam vandaan gekry het.”

Om die kunswerke te maak het Marike stensils van die voorblaaie gemaak en dit toe op industriële spons afgedruk en daarna detail daarop geborduur. Sy het ook twee sponspoppe gemaak, een van Melinda Bam soos sy op ’n voorblad van die tydskrif Cosmopolitan verskyn het, en een van Rolene Strauss soos op die SARIE-voorblad van Augustus verlede jaar. Dit was om die kontras tussen die twee publikasies uit te beeld en hoe verskillend hulle die Afrikaanssprekende vrou uitbeeld.

Marike Swart sarie kuns

“My kuns gaan oor my soeke na my identiteit as Afrikaner-meisie. SARIE gee vir my daai identiteit. Die SARIE-vrou en hoe sy op die voorblad uitgebeeld word, lyk altyd sprankelend. Dit gee my die idee dat sy sterk en mooi is.”

Sy verduidelik verder: “Ons is nie soos wat Melinda op Cosmo se voorblad uitgebeeld is nie. Ons is meer soos Rolene op SARIE. Ek het baie van daai voorblad gehou. Ook die manier hoe sy aangetrek is vir die foto’s binne-in die tydskrif – die styl en hoe sy gelyk het. Sy het nie gelyk soos daardie Mej. Wêreld nie. Ons weet sy is Mej. Wêreld. Sy is klaar gekroon. Dit hoef nie uitgespel te word nie. Dis nie nodig dat sy nog so hoef te lyk nie. En hoeveel vel gewys word, dis nie nodig vir iets om uit te hang nie.”

FOTO Marijke Willems

FOTO Marijke Willems

Maar watter SARIE-voorblad is vir haar die mooiste van almal?

“Ek moet sê dis die Desember 2012-voorblad van Anna-Mart. Alles wat ek gesê het oor SARIE word hier vasgevang en uitgebeeld.”

des_2012

Marike koop die tydskrif al vandat sy 20 is. “Toe ek jonger was, het ek altyd People en Cosmo gekoop. Maar ek kon nie meer identifiseer daarmee nie. Hulle praat oor goed wat nie deel is van my wêreld nie. Ek hou van die manier waarop julle met die leser assosieer. Die briewe wat die lesers skryf, kan ek mee identifiseer. Al is dit soms hartseer. Ek hou van SARIE se styl en kos. Dit is vir my.”

Sy lag wanneer sy sê: “Daar is van my vriendinne wat dink SARIE is partymaal te koekerig, maar onthou, hulle is kunsstudente!”

Marike Swart sarie kuns

Lees nou

Só lyk die Safta-benoemings vir 2017

Dís hoe jy moet stort om wakker te word!

En die gewildste kleur is …

The post Tukkie gaan gróót met SARIE appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 95

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!