Aanhangers van Will & Grace is in rep en roer omdat die gewilde komediereeks binnekort terug op die kassie is!
Die Amerikaanse TV-netwerk NBC het bevestig Will Truman (Eric McCormack) en sy beste vriendin, Grace Adler (Debra Messing), gaan saam met die twee ander vriende, Karen Walker (Megan Mullally) en Jack McFarland (Sean Hayes), in 10 nuwe episodes van die reeks te sien wees. Die reeks sal óf nog hierdie jaar óf vroeg volgende jaar uitgesaai word.
Will & Grace het kykers tussen 1998 en 2006 agt seisoene lank vermaak en was toe een van die gewildste reekse op TV.
Die reeks is 83 keer benoem vir ’n Emmy-toekenning en is een van net drie sitkoms waar al die hoofspelers ’n Emmy ontvang het. Die ander twee is The Golden Girls en All in the Family.
In ’n spesiale Will & Grace-reünie-episode van net tien minute wat in September verlede jaar uitgesaai is, het die karakters kommentaar gelewer op die Amerikaanse presidensiële verkiesing. Die episode was ’n groot sukses en is meer as 7 miljoen keer op YouTube gekyk. Nou kan ons nie wag vir die nuwe seisoen nie … Ons hoop dit word ook in SA uitgesaai!
Kyk net hoe lyk hulle nou
Will Truman (Eric McCormack)
Toe
Nou
Grace Adler (Debra Messing)
Toe
Nou
Karen Walker (Megan Mullally)
Toe
Nou
Jack McFarland (Sean Hayes)
Toe
Nou
Lees nou
Pretty Woman: Kyk hoe lyk hulle nou!
Dirty Dancing kom weer – en kyk wie speel hulle!
Prins Harry maak sy hart oop oor sy verlies
The post Will & Grace kom terug: Kyk hoe lyk hulle nou appeared first on SARIE.