Quantcast
Channel: Fanie Cronjé – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 95

Alexander Skarsgård oor geweld

$
0
0

Die gewilde TV-minireeks Big Little Lies het aan die begin van die maand op M-Net tot ’n einde gekom, tog bly die ernstige emosionele temas wat die reeks ondersoek jou by.

Die reeks, met onder andere Reese Witherspoon en Nicole Kidman in die hoofrolle, speel af op ’n Kaliforniese kusdorp, Monterey en sentreer rondom ’n paar inwoners van dié welaf gemeenskap. Onderwerpe soos egskeiding, buite-egtelike verhoudings en enkelouerskap kom onder die vergrootglas, maar dit is die tema van geweld teen vroue wat die ontstellendste is.

Op die oog af lyk dit of Celeste (Nicole Kidman) en haar man, Perry (Alexander Skarsgård), ’n droomhuwelik het met twee pragtige seuntjies, ’n mooi huis en baie geld. Maar agter geslote deure is hul verhouding ontstuimig en Celeste hou dit geheim dat Perry haar fisiek en emosioneel mishandel.

April is Bewustheidsmaand van seksuele aanranding en Alexander het met die internasionale digitale platform The Hollywood Reporter gepraat oor sy besluit om die rol te speel en die belangrike boodskap oor gesinsgeweld wat dit uitstuur.

“Ek het gedink dit was so ’n ryk teks en dit het net baie uniek gevoel. Dit het soos ’n emosionele op-en-af rit gevoel wat ek gedink het briljant geskryf is. Wat die karakter aanbetref, het ek dit as ’n geleentheid gesien om ’n gewelddadige eggenoot te speel wat nie die stereotipiese gewelddadige eggennot is nie. Die dinamika tussen Perry en Celeste was fassinerend. Hulle het so ’n volronde verhouding,” vertel Alexander.

Alexander vertel ook hoe belangrik dit is dat mishandeling in TV-storielyne aangespreek word.

“Dis duidelik ’n groot probleem in ons samelewing. Vroue beskerm hul mans en in sekere gevalle blameer hulle hulself en sê: “’It takes two to tango.’ Ek is deels verantwoordelik hiervoor. Hulle sien hulself soms nie as ’n slagoffer nie. Dit is eers wanneer jy met ’n buitestander daaroor praat dat jy perspektief kry en kan besef jy is in ’n verhouding waarin jy mishandel word waarin jy nie moet wees nie.”

Suid-Afrika se statistiek oor vrouemishandeling is skokkend. Die Sondagkoerant City Press het einde 2016 berig een uit elke vier vroue se lewensmaat mishandel hulle fisiek en dat daar ’n vrou elke ses uur deur haar huidige of voormalige maat vermoor word. Hoewel verskillende faktore ’n rol speel, blyk dit dat alkoholmisbruik ’n hoë risikofaktor is, het prof. Naeemah Abrahams, adjunkdirekteur van die Mediese Navorsingsraad se geslag- en gesondheidseenheid, verlede jaar aan die koerant gesê.

Vir hulp kontak Lifeline www.lifeline.org.za

Bronne: www.city-press.news24.comwww.hollywoodreporter.com

The post Alexander Skarsgård oor geweld appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 95

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!